Local news

Wolmer se toekoms nou meer kleurvol

Die Vryheidsfront Plus en Wonderpark het Wolmer se eerste opknappingsprojekhuis helder oranje geverf om lewensgehalte van inwoners en bure te verbeter. Die projek herstel huise om hoop en waardigheid aan die gemeenskap te bring.

In die vroeë oggendlig van die eerste weke in Oktober het die woonbuurt Wolmer in die noorde van Pretoria se strate iets ongewoon helder begin weerspieël: ’n Huis, geverf in ’n lewendige oranje.

Die huis het uitgestaan in ’n buurt waar geboue vir jare lank min opknapping of verfraaiing beleef het.

Hierdie huis, die eerste in ’n groter gemeenskapsprojek, dra egter meer as net ’n nuwe laag verf maar ook ’n sin van hoop, verandering en ’n verwesenlikte droom uit.

Die projek is deur die VF Plus in samewerking met Wonderpark-winkelsentrum van stapel gestuur, met die doel om die lewensgehalte van inwoners van Wolmer te verbeter.

Vir jare het die 294 huureenhede in die omgewing onder agteruitgang en verwaarlosing gebuk gegaan.

Die huurhuise wat aan die Tshwane-behuisingsmaatskappy behoort, is in ’n vervalle toestand en benodig dringende en omvattende herstelwerk.

Nou, met die hulp van ’n R150 000 Wonderpark-skenking en ’n kontrakteur wat sy dienste kosteloos aangebied het, begin van die huise verfraai en herstel word.

Rina Marx, VF Plus-raadslid wat die pionier was wat die projek begin het, het tydens ’n besoek aan die terrein gesê: “Die eerste huis is geverf en wat ’n verskil! Dit gaan letterlik lyk soos gekleurde lekkergoed in ’n houer wanneer die hele straat se huise verskillende kleure geverf is.”

Marx is opgewonde dat haar droom waar word om die omgewing op te knap en te verfraai en dat daar op hierdie wyse iets betekenisvol besig is om in Wolmer plaas te vind.

“Ek sal graag groot maatskappye wil uitdaag om aan boord te kom en te help om die hele Wolmer se huise te verfraai. Hierdie is ’n groot projek en my droom wat uiteindelik bewaarheid word. Ek nooi graag andere organisasies om hande met ons hiermee te neem.”

Die projek behels veel meer as net verf. Vensters en deure word vervang, dakke word geseël en geverf, en Wendy-huise word herstel.

’n Organisasie sonder winsbejag is reeds gestig om die projek professioneel te bestuur. Thys Kruger, Johan Marx en Andre Beeslaar is die drie direkteure van dié organisasie.

Die drie direkteure hou toesig oor die beplanning en uitvoering om te verseker dat al die opknappingswerk glad verloop.

Marx verduidelik dat die party trots daarop is om ’n tasbare verskil te maak in die lewens van ’n gemeenskap wat afhanklik is van ondersteuning.

Sy voel dit is nie net ’n voorkomsverbetering nie, maar ’n herstel van waardigheid vir mense wat vir lank vergete gevoel het.

Die VF Plus het hul dank uitgespreek aan Marli Strauss van Wonderpark en Renato Brusaporcol van Den Donix vir hul reusebydraes.

Also read: Metro pledges to restore order, empower traders at Mabopane Station

Do you have more information about the story?

Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button