High SchoolLocal newsPrimary School

Laerskool Die Poort se gees word beloon

Laerskool Die Poort in Pretoria-Noord is gekroon as die wenner van die “Skool met die GROOTste Gees en GEE” 2025-kompetisie, en ontvang R50 000 vir liefdadigheid.

Die omgeeharte van Pretoria se skole het vanjaar kliphard geklop tydens GROOTfm 90.5 se 2025-veldtog: “Skool met die GROOTste Gees en GEE”.

Van Laerskool Garsfontein se 2 000 leerders tot die 80 energieke kinders van die Christelike Laerskool Centurion, het leerders en personeel hande uitgesteek en harte oopgemaak om ’n verskil te maak.

In totaal het 23 036 leerders van regoor Pretoria meer as 200 000 noodsaaklike items soos klere, kos, toiletware en komberse ingesamel vir 19 liefdadigheidsorganisasies.

Volgens Sonet Stofberg, skakelbeampte van GROOTfm 90.5, was die veldtog nie net ’n skouspel van energie nie, maar ook van hoop.

“Ons het elke Vrydagoggend die vreugde en gees van hierdie ongelooflike skole eerstehands beleef. Die passie waarmee hulle gee, is aansteeklik. Dis nie net ’n projek nie, dis ’n beweging.”

Leerders en personeel juig van vreugde ná hul

GROOTfm 90.5 het regstreeks vanaf elke deelnemende skool uitgesaai, met op-lug aksies, kennisvasvrae en onderhoude met skoolhoofde.

Skole het op Vrydagoggende vroeg, tussen Februarie en Oktober, begin deur hul algehele gees te wys deur die uitvoering van liedjies en bewegings wat eie is aan hulle skoolkultuur en repertoire, en, daarna het die skool ’n kreet uitgevoer wat die woorde, ‘GROOT’ en ‘GEES’ bevat.

Tienie Duvenage van Huis Beterskap het Die Hoërskool Menlopark se geskenke vir die versorgingstehuis in ontvangs geneem/ Foto: verskaf

Die omgeekomponent van die kompetisie het ’n groot impak op gemeenskappe met Hoërskool Waterkloof wat honderde pare skoene aan Solidariteit Helpende Hand geskenk het en Hoërskool Eldoraigne wat hul GEE-projek gekoppel het aan hul Hemelvaartviering. Die Hoërskool Menlopark het hul GEE-week saam met hul skoolhoof se verjaarsdag gevier en produkte vir sewe ouetehuise ingesamel. Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het R80 000 ingesamel vir CANSA.

Na deeglike beoordeling is Laerskool Die Poort van Roodeplaat in Pretoria-Noord op 17 Oktober as die skool met die grootste gees aangekondig. Hulle het die meeste gees getoon tydens hul optrede.

Die Hoërskool Montana het hul geskenke ten bate van die House of Kindness bymekaargemaak. Foto: Verskaf

Laerskool Die Poort se wenprys is R50 000.

“Die wenfondse gaan direk na ekstra klasse vir leerders wat dit nie kan bekostig nie,” sê skoolhoof Johan Breedt.

Die vieringspartytjie by die skool is afgesluit met musiek deur Barto en bekende radio- en TV-persoonlikheid Nastassja Ras het kom saamvier.

– Wil jou skool deel wees van die 2026-kompetisie? Stuur ’n e-pos na sonet@grootfm.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button