Garsfontein Hoër word 38
Almal kan nie wag om te sien wat die volgende 38 jaar vir die skool inhou nie.
Hoërskool Garsfontein het op 29 Januarie sy 38ste bestaansjaar gevier.
Met die Berepark-opening, het almal weereens besef dié skool is soos familie. Trotse oudleerlinge het ook in die dag se vreugde kom deel deur die vieringe by te woon.
Nuwe waarnemende hoof, Fraser Parker, het die gebeure afgeskop met die sny van die pragtige verjaarsdagkoek en die hele skool het saamgesing. Die leerlingraad het die skool vermaak met ’n energieke dansie, ballonne is losgelaat, verjaarsdagklappers het geklap en die verjaarsdaggees het omtrent hoog geloop. Mens kon die trots om deel te wees voel en sien op elke leerder en onnie se gesig.

Die oggend is afgesluit met die sing van die skoollied uit volle bors. Elke leerder is terug klas toe met ’n lekker sjokolade as geskenk.

Almal kan nie wag om te sien wat die volgende 38 jaar vir die skool inhou nie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel





