Local LifestyleLocal news

Agter die Spykergordyn-kunsuitstalling beloof om besoekers te betower

’n Seldsame kunservaring wag later vandeesmaand in Pretoria wanneer die bekroonde kunstenaar Diek Grobler sy unieke speldeskermkuns ten toon stel.

’n Kunsuitstalling wat later vandeesmaand by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria open, gaan ’n seldsame blik op speldeskermkuns bied.

Die bekroonde kunstenaar en animeerder Diek Grobler se uitstalling, Agter die Spykergordyn, open op Saterdag, 22 Augustus om 11:00. Die uitstalling word aangebied in samewerking met die SA Akademie se Kommissie vir Visuele Kunste.

Speldeskermkuns is ’n veeleisende animasietegniek waarin beweegbare pennetjies en lig gebruik word om ryk skaduprente te skep wat aan etse en gravures herinner.

Een van Diek Grobler se speldeskermkunswerke. Foto: Verskaf

Grobler se speldeskerm, Akasia, is die enigste van sy soort in die suidelike halfrond.

Die uitstalling bestaan uit vier afdelings: ’n inleiding tot die instrument en Grobler se vroeë krapbordwerke; unieke speldeskermtekeninge en beperkte afdrukke; bekroonde en nuwe animasiefilms; en ’n interaktiewe oudiovisuele installasie met die klankkunstenaar Leon Ecroignard.

’n Nuwe musiekfilm, Nagmusiek, met klavierspel deur Wessel van Wyk sal ook vir die eerste keer tydens die openingsgeleentheid aan die publiek vertoon word. Verskeie van die kunswerke is met QR-kodes toegerus wat besoekers toegang gee tot filmgrepe wat die werke verder belig.

Prof. Elfriede Dreyer, akademikus, kurator, skrywer, kunstenaar en lid van die Kommissie sal die uitstalling open.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook,Twitter enInstagram enTikTok en WhatsApp Channel

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button