AdvertorialSchoolsSponsored

Laerskool Lynnwood

Trotse Lynnies…Reik na die sterre 2024

Welkom by ons storie…

Jou kind, is die hoofkarakter.

Raak deel van die Lynnie-familieverhaal deur jou kind reeds vanaf Graad RRR (3/4 jariges) in te skryf.

Die Lynnie-karakters vorm elkeen deel uit van hierdie lewensverhaal. Elkeen… die skoolbestuur, die onderwysers, die ouers en die leerders het ‘n dapper rol om te vertolk, ten einde die storie van DIE LEWE sowel as die lewenslesse daarmee gepaart, te ontsluit.

Kyk jy terug in jou speëltjie aan sy wand… wonder jy soms wie is die mooiste, slimste, vinnigste, oulikste in die Lynnie-land… O ja, dis VERSEKER jy, want jy is deel van hierdie Lynnie-land!!!

Ons kies nie noodwendig waar en wanneer ons verhaal begin of eindig nie… maar ons kan wel die storielyn vul met avontuur, intrige en ‘n gelukkige einde!

By Lynnies, is elke dag opedag. Mnr. Steve Stolk is die Uitvoerende Hoof en nooi elke voornemende Lynnie-ouer om vooraf te loer hoe dit by Laerskool Lynnwood lyk oor ‘n heerlike koppie koffie.

 

https://www.lynnwoodlaer.co.za/

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button