Hoërskool Overkruin lewer top matriek uitslae!
Die matrieks van 2024 het hulle uitslae kom afhaal en ons harte bars van trots! Die Ovies behaal ‘n 100% slaagsyfer!

Die matrieks van 2024 het hulle uitslae kom afhaal en ons harte bars van trots! Die Ovies behaal ‘n 100% slaagsyfer! Boonop kan ons ook oor die volgende spog:
– Enigste skool Noord van die berg wat spog met ‘n 100% slaagsyfer.
– Enigste skool Noord van die berg met ‘n 100% slaagsyfer vir die vierde agtereenvolgende jaar.
– Hoërskool Overkruin is trots om ‘n ten volle geïntegreerde, parallelmedium, multikulturele skool te wees.
150 Onderskeidings
322 B-simbole
84% Universiteitsvrystelling
62% Gemiddeld van al die leerders
4 Vakke met gemiddeld 70% en hoër
16 Vakke gemiddeld bo 60%
Hierdie uitslae is ‘n voorbeeld van die harde werk deur ons leerders, deur die onderwysers, ouers, en almal wat in Ovieland ‘n rol gespeel het om dit te wagte te bring. Hier streef ons na uitnemendheid, met ‘n glimlag op ons gesig!
Top Matric result at Hoërskool Overkruin!
The matrics of 2024 came to collect their results and our hearts are bursting with pride! The Ovies achieved a 100% pass rate! In addition, we can also boast about the following:
– Only school in the North that boasts a 100% pass rate.
– Only school in the North with a 100% pass rate for the fourth consecutive year.
– Hoërskool Overkruin is proud to be a fully integrated, parallel medium, multicultural school.
These results are an example of the hard work by our learners, by the teachers, parents, and everyone who played a role in Ovieland to bring this to fruition. Here we strive for excellence, with a smile on our face!
Top presteerders/Top achievers:
Denise Meyer 7 Onderskeidings 89%
Casey Hol 7 Onderskeidings 85%
Hannah Moodley 6 Onderskeidings 88% Geskiedenis 99%
Shani Rademeyer 6 Onderskeidings 83% Visuele Kuns 97%




