AdvertorialSchools

HTS John Vorster aangewys as die No 1 skool van die Top 3-skole in Tshwane-Noord Distrik (C1)

Vir die tweede jaar agtereenvolgens spog HTS John Vorster met 'n 100%-slaagsyfer. Dit is die enigste publieke skool in die Moot wat hierdie mylpaal behaal het.

Die bestuur van HTS John Vorster is ongelooflik dankbaar en bly oor hul 164 matrieks se puik matriekuitslae. Die skool se doel is om elke matrikulant die wêreld in te stuur met ‘n matrieksertifikaat in die hand.
“Ons kan met dankbaarheid sê dat ons daardie doel vir die tweede jaar in ‘n ry bereik het.”

As tegnologiese skool, stel hul hoë eise aan elke leerder, aangesien almal Wiskunde en Wetenskappe moet hê.
HTS John Vorster het boonop ‘n 100%-slaagsyfer in Wiskunde behaal.

“Dit is ‘n merkwaardige prestasie. Dit het beslis harde werk geverg, maar HTS John Vorster staan nooit terug vir ‘n uitdaging nie. Ons weet dat Wiskunde en Wetenskappe, tesame met ons kombinasie van tegnologie-vakke, deure oopmaak.”

Daarby het 64% van die matrieks met Baccalaureus-vrystelling geslaag. Die Klas van 2025 spog ook met 116 onderskeidings, vyf meer as in 2024.
“Ons leerders is beslis gereed vir hul toekoms.”

Die skool sê hulle gaan beslis voortbou op hierdie wonderlike prestasie.
“Ons matrieks het net weereens vir ons gewys wat dit beteken om ’n GENUINE-JV te wees. Ons sal hierdie mooi uitslae vir nog lank vier. Dankie KLAS VAN 2025! Julle verdien hierdie mooi uitslae!”

Antoinette Dowd

Die skoolhoof, Antoinette Dowd, het tydens die onlangse Tshwane-Noord Distrik matriekprysuitdeling die volgende toekennings namens die skool ontvang:

• HTS John Vorster is een van slegs 5 skole in die Tshwane-Noord Distrik wat ’n 100%-slaagsyfer behaal het.
• Dit is ook die nommer-1 skool van die TOP 3-skole in die Tshwane-Noord Distrik (C1).

 

 

Theuns Botha

• Theuns Botha is as die Beste Presteerder in Tegnologiese vakke in die Distrik aangewys.

 

• Natasha Kruger, Anel de Beer en Bianca du Plessis het toekennings ontvang vir hul vak IGO, wat die meeste onderskeidings in die Tshwane-Noord Distrik behaal het.

Minieke Swart (DUX-leerder)
  • Minieke Swart (DUX-leerder) het 3de plek ontvang in IGO in die Tshwane-North Distrik

Berend Kamphuis
  • Berend Kamphuis is aangewys as die TOPPRESTEERDER in IGO in die Tshwane-North Distrik.

Foto’s:

Mevrou Antoinette Dowd en Minieke Swart (DUX-leerder)

• Minieke Swart het 7 onderskeidings behaal en is DUX-leerling vir 2025.

Mevrou Antoinette Dowd en Jeandre Kruger

• Jeandre Kruger het ook 7 onderskeidings behaal, asook ’n onderskeiding in Alpha Wiskunde.

• Tipies van ’n JV… maak altyd somme. Tussen die drie vriende LJ Malan, Pedri Harmse en Jeandre Kruger het hulle 14 onderskeidings behaal.

LJ Malan, Pedri Harmse en Jeandre Kruger

• Skoolhoof Antoinette Dowd is met ‘n 100% koek bederf ter viering van die matrieks se mooi uitslae.

Peet van der Westhuizen, Esra Olwage, Antoinette Dowd, Christo du Rand en Jurg Swart.

• Die adjunkhoofde, tesame met die hoof, was in ekstase oor die matrieks se mooi uitslae. Hulle is: Peet van der Westhuizen, Esra Olwage, Antoinette Dowd, Christo du Rand en Jurg Swart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button