Gun ander met nodige respek
Met verwysing na die kontroversie rondom die moontlike oprigting van ‘n Moslem moskee in Valhalla, gun ek die Moslems die reg tot godsdiensvryheid asook ‘n plek van aanbidding. Wat ek hulle egter nie gun nie, is die reg wat hulle hulself toeëien om rusverstoring te pleeg. Tydens my verblyf in die buiteland het ek ervaar …
Met verwysing na die kontroversie rondom die moontlike oprigting van ‘n Moslem moskee in Valhalla, gun ek die Moslems die reg tot godsdiensvryheid asook ‘n plek van aanbidding.
Wat ek hulle egter nie gun nie, is die reg wat hulle hulself toeëien om rusverstoring te pleeg.
Tydens my verblyf in die buiteland het ek ervaar hoe die Moslemgebede oor luidsprekers uitgebasuin word in die vroeë oggende sonder enige inagneming van nie-Moslems se regte.
Aan die ander kant het Christenkerke in sekere dele van die land as konsiderasie besluit om nie meer hul kerkklokke in die oggende te lui nie.
Kan ons dieselfde konsiderasie vir ons rus vanaf die Moslems verwag? Ek twyfel.
Ek stel dus voor dat dit deur die owerhede as voorvereiste gestel word voordat Moslems toegelaat word om hul moskees op te rig.
My gevoel is dat beide Moslems en nie-Moslems in ’n gemeenskap se regte gehandhaaf moet word.
