LettersOpinion

Nuwe naam vir stad moet nie in kele afgedruk word nie

Leser vra vir verdraagsaamheid oor naamsveranderinge en dat mense na eie wil na die ou name van stede mag verwys.

Ek is ‘n voormalige inwoner van Natal, of sal ek sê KwaZulu-Natal? Deesdae maak dit nie baie saak nie.

Nogtans vra ek u geduld om ‘n punt maak en om toe te laat dat albei name voortgaan. Vra enige blanke wat in Durban bly hoe die stad bekendstaan en hy/sy sal antwoord ‘Durban’.

Vra enige Zulu-sprekende dieselfde vraag en tien-teen-een kry jy die antwoord ‘Ethekwini’. My punt is dus: het die tyd nie aangebreek om meer verdraagsaam te wees nie?

As ‘n Engelssprekende Suid-Afrikaner sal ek tot my laaste dag toe altyd na hierdie stad as Pretoria verwys en as iemand anders die naam ‘Tshwane’ wil gebruik, goed en wel, maar moet dit nié in my keel afdruk nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button