Vir bouers moet jy hare op tande he
Ek dink die bouer wat nou op my eiendom werk die vuurtjie in my gaan laat ontplof. Iewers moet die soort bouers wat wegkom met al hul streke stopgesit word. Terwyl ander mense heerlik oor die feestyd ontspan het, het die bouer my laat naels kou. Ek het ons gesprek opgeneem vir ingeval daar ongeruimthede …

Ek dink die bouer wat nou op my eiendom werk die vuurtjie in my gaan laat ontplof. Iewers moet die soort bouers wat wegkom met al hul streke stopgesit word.
Terwyl ander mense heerlik oor die feestyd ontspan het, het die bouer my laat naels kou. Ek het ons gesprek opgeneem vir ingeval daar ongeruimthede is.
Sy woorde aan my was dat sodra die geld inbetaal is, dit dan omtrent vyf weke sou vat om die werk te voltooi. Op 24 November is ‘n groot bedrag geld aan hom oorbetaal. Intussen gebruik die hy ou materiaal om byvoorbeeld nuwe kombuiskaste in te sit en weier hy volstrek om verder te bou voordat ek hom nog geld gee. Feit is, in die stadium skuld hy my eintlik geld.
Hy het verskeie beloftes gemaak, geweier om sekere dinge te voltooi en versuim om my geld terug te gee. Ek maan inwoners om op hul hoede te wees as hulle bouers aanstel om werk vir hulle te doen.
