LettersOpinion

Jy is so oud soos wat jy voel

Ouderdom is net 'n getal, meen inwoner.

Die berig, Haarkapper in salon geskiet, wat in Rekord op 7 Februarie verskyn het, het betrekking.

Dit is ontstellend, die tempo waarteen sulke insidente toeneem.

Ek wil net hiermee beswaar maak teen die term ‘bejaarde vrou’ wat 61-jaar-oud is. Kom ons kyk na die inligting. ‘n 61-jarige eienaar van haar eie besigheid, vroegoggend aan die werk, verdedig haar personeel en kliënte deur die rower aan te val, die dag na sy uit die hospitaal kom weer aan die werk, emosioneel ‘goed’ – meer bekommerd oor haar personeel se toestand.

Bejaard? Agge néé. Regtig?

In hierdie geval is ek dan ook self ‘n 61-jarige ‘bejaarde’ besigheidseienaar. Ek dink egter ons bejaardes lewer nog ‘n stewige bydrae in ons werksomgewing.

Ek het geen problem met my 61 nie, dit is net ‘n getal. My vriendekring strek al tot 71-jariges en ek is trots om te sê meeste van hulle is in besigheid en werk nog teen ‘n tempo waarby jonges nie maklik sal kan byhou nie.

Viva alle bejaardes, doen so voort!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button