
Ek kry deesdae dikwels vrot aartappels in sakke. Ek dink egter dit het te doen met die onbekende variëteite wat deesdae bemark word. Die ou bekende en vertroude variëteite is net nie meer beskikbaar nie.
Ek vermoed die nuwe variëteite is meer lonend vir die boere om te verbou, alhoewel ek kan verstaan dat hulle ook maar net na hul eie belange omsien soos ons almal in hierdie ekonomiese toestande. Verder word aartappels in kleiner maat sonder enige variëteitname verpak. Ek persoonlik wil glad nie Up-to-Date-aartappels koop nie.
Hoe nou gemaak? Ek bekyk en beruik maar die grootmaatsakke voor ek koop. Ek vermy ook dié afkomstig van plase waarmee ek al ‘n bloutjie geloop het.
