LettersOpinion

Inwoner besorg oor padreëls wat nie toegepas word nie.

’n Inwoner van Valhalla vrees dat lewens eers verloor moet word, voordat mense padreëls en –tekens sal gehoorsaam.

Ek rig die skrywe vandag met die hoop dat iemand in die regte posisie dit sal lees en dat daar iets daadwerkliks gedoen sal word om die roekeloosheid van voertuigbestuurders en traak-my-nie-agtigtigheid met betrekking tot wetstoepassing aan te spreek.

Sedert Augustus verlede jaar woon ek op die hoek van Fjord- en Bruarfossweg in Valhalla. Op die kruising is daar ’n vierrigting-stop wat net sowel nie daar kon gewees het nie.

Busse, minibus-taxi’s, motorfietsryers, motorvoertuie van alle grotes en wetstoepassers in die vorm van polisievoertuie en militêre polisievoertuie ignoreer die stopstraat asof dit glad nie bestaan nie.

Sommige voertuie verminder nie eers spoed nie, maar party sal darem die moeite doen om die voet vir ’n sekonde of twee van die pedaal te lig om dan net weer roekeloos voort te snel asof daar geen padreëls bestaan nie.

Moet daar eers lewensverlies plaasvind voordat ongehoorsame wetstoepassers ’n poging sal aanwend om die wet toe te pas? Ek sal my erf met skaduwee, koue water en koffie en tee beskikbaar stel, en my vrou sal selfs pannekoek vir iemand bak wat bereid sou wees om ’n poging aan te wend om lewensverlies te verhoed deur die afdwing van padreëls.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button