
A Nel skryf:
Goeiedag Redaksie
Baie dankie vir die groot berig in 9 Junie se Rekord oor herwinning van Tetrapak-houers wat ook deur MPact-papierherwinning hanteer word.
Ek neem deel aan MPact se papierherwinning sedert dit begin het. Ek voel vir ons aarde, en as daar dan geen ander rede is nie, herwinning skep ook werk.
Mense is maar lui en dit is so maklik om alles net in die asblik te gooi.
Maar nou wil ek net dit vra: Waarheen met ons ander herwinbare afval?
Ek woon in Villieria en weet van net een glasherwinningshouer (in Colbyn) en geen ander vir blikkies of plastiek nie. Kan iemand dit nie “na die mense toe bring” nie – dit is al manier hoe meer mense betrokke gaan raak by herwinning.
Baie dankie, en vriendelike groete.
