Geheime bewonderaar skryf aan Karlien van Jaarsveld
Liewe Karlien,
Ek hoop dat jy wel die brief eendag sal sien.
Karlien, hoe beskryf ’n mens wat jy alles deurmaak. Die negatiewe comments oor jou en jou baba. Jy is een ongelooflike sterk vrou – jy gee sonder om te ontvang. Jy wys hulle die beter deel van jou.
Vir 20 jaar wou ek so graag ’n sanger word. Ek kan sing maar was bang vir die buitelewe hoe mense vieslik en onreg doen aan ander.
Jy straal bo uit waar GOD wil hê jy moet wees. Jy wys nie haat teenoor ander nie, maar wel LIEFDE.
Jy word onskuldig aangeval oor mense jaloers is en nie soveel sukses kan behaal soos jy nie.
Ek lees altyd net berigte oor hoe sangers se persoonlike lewe sleggesê en verneder word, en dis soms hartseer want julle bring jul musiek, talente en nuwe vreugde in ons land.
Karlien, straal jy net steeds bo alle slegte dinge uit en lewe vir jou kinders waarmee GOD jou geseën het. God is ons rots, ons pad om te volg. Hy het iets weggeneem en jou weer geseën met die beste. Koester dit. Bly die God-vrou wat jy is en fokus en hou jou oë op Hom gerig.
Die wat onreg doen sal onreg ontvang.
Vandag wil ek net sê aan die mensdom daarbuite wat altyd wrede en die vieslikste comments los: Gaan maak reg met GOD.
Wie is ons om te oordeel oor ander se lewe? Wie is ons om klippe te gooi as jy nog nie eers in die skoene van daardie persoon geloop het nie? Hoekom gun ons Afrikaners mekaar nie meer ’n plek in die son nie?
Karlien is ’n normale mens nes ek en jy met ’n normale lewe en roete as ek en jy. Hou vas aan die positiewe en die lewe kan vir almal ’n beter samelewing wees.
Hoekom iets sleg sê as jou opinie nie gevra is oor iets nie? Bly liewer stil en hou dit vir jouself. God het julle steeds lief, ongeag wat.
Met baie liefde.
Brief verkort – redakteur
