LettersOpinion

Moot raadslid lewer puik diens

Baie dankie aan Raadslid Frans Smith vir diens uit die boonste rakke!

Geagte Redakteur,

In die Rekord Pretoria Moot van 12 Januarie 2018 was ’n berig genaamd “Raadslede reg om struikelblokke aan te durf” met foto’s van die volgende raadslede – Elma Nel, Frans Smith, Roelof Fourie en Elmarie Linde.

Ek is ’n ou inwoner van die Moot Rietfontein en het gesukkel met straatligte wat buite werking was.

Ek het die kwessie met die metro opgeneem, sonder enige sukses.

Ek het die bogenoemde berig gelees en onmiddellik vir raadslid Smith geskakel. Hy was baie vriendelik en het my ’n paar vrae gevra, onder meer die paalnommer, naaste straathoek aan my erf, kontaknommer en my volle naam.

Ek het verwag dat dit minstens ’n week sou neem voor daar aan my probleem aandag gegee sou word, maar tot my verbasing is die straatligte dieselfde dag nog aangeskakel.

Baie dankie aan Raadslid Frans Smith vir diens uit die boonste rakke!

(Brief verkort)

Belasting Betaler
Hans Deetlefs

Frans Smith se terugvoer

Beste Hans

Baie dankie vir die mooi woorde! Dit is altyd lekker om erkenning te kry. Ons is ook so afhanklik en dankbaar teenoor die amptenare wat uitvoering aan versoeke gee.

Mooi dag,

Frans

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button