Moedeloos na kar gesteel
Beste Mootvriende Op Saterdag, 20 Januarie 2018 is my motor gesteel. Ek was vlugtig by ’n atletiekbyeenkoms by Hoërskool CR Swart en het binne die omheining op die skoolterrein se parkeerarea geparkeer. Daar was sekuriteitspersoneel, maar ten spyte van alles is my motor gesteel. Dit was ’n VW Polo Classic 1600 met registrasienommer FYS 430 …

Beste Mootvriende
Op Saterdag, 20 Januarie 2018 is my motor gesteel. Ek was vlugtig by ’n atletiekbyeenkoms by Hoërskool CR Swart en het binne die omheining op die skoolterrein se parkeerarea geparkeer. Daar was sekuriteitspersoneel, maar ten spyte van alles is my motor gesteel. Dit was ’n VW Polo Classic 1600 met registrasienommer FYS 430 MP.
Ek was op pad huistoe nadat ek ’n paar dae by my dogter gekuier het, dus was AL my bagasie in die motor. Dit alreeds is ’n groot verlies.
Maar die ergste: Ek het ’n boek geskryf met my memoirs en die boek is vol foto’s. Dit begin met ’n foto van my toe ek 72 jaar gelede gedoop is, tot en met foto’s van my kleinkinders vandag. Die boek is paslik getitel “Ouma se storie”. Hierdie boek is ook weg.
As u dalk die boek gesien het, opgetel het, of weet waar dit is, wil ek smeek: bel my asseblief met die inligting. Dit is werklik ’n reuse verlies.
Baie dankie by voorbaat.
Me. Nissi Coetzee
