LettersOpinion

Vinnige en pynlose manier om van vrugtevlieëlarwes ontslae te raak

‘n Vrugtevlieg larwe is aanvanklik ‘n effe jukkerig rooi knoppie wat brand wanneer dit gekrap word.

Sumanda Maritz skryf:

Die maklikste en mees pynlose manier om van vrugtevlieglarwes ontslae te raak is om die bytplek met Vaseline te smeer en dan met ’n waterdigte pleister te bedek vir 24 uur.

Dit veroorsaak dat die vrugtevlieglarwe sonder suurstof doodgaan en dan makliker is om uit die vel te haal, aangesien hulle gedeeltelik uit die vel beweeg om suurstof te probeer kry.

Hoe gouer dit gedoen word, hoe minder pynlik is dit om die larwe te verwyder.

Om die larwes lewend uit die vel te druk is bitter seer en kan verhoed word.

’n Vrugtevlieglarwe is aanvanklik ’n effe jukkerige rooi knoppie wat brand wanneer dit gekrap word. Soos die larwe groter word, word die knoppie groter en pynlik. Wanneer die larwe groter word, kan jy dit voel rondbeweeg onder die vel.

Ons het reeds verskeie kere met hierdie te doen gekry in Gauteng sowel as in KwaZulu-Natal.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button