Opinion

BOEKE: Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het

Hoe gemaak as jy nie van ertjies hou nie. En sal Ernst dit eet as hy 'n beroemd, skatryk en sterk kan word?

Ontmoet vir Ernst, Ernst de Vos. Hy eet so ampertjies enige kos: hamburgers, pizza, herderspastei, spaghetti, bobotie (met geelrys daarby), pampoenkoekies, kerrievis, blomkool en beet, maar Ernst WEIER om ertjies te eet.

Almal probeer vir Ernst oorreed om ’n ertjie te eet: Sy ma vertel vir hom dat selfs gewilde popsangers dit elke dag eet – dalk moet hy dit ook probeer as hy beroemd wil word; sy pa bied aan om vir hom sakgeld te gee as hy ertjies sal eet – hy kan skatryk word. Sy juffrou vertel vir hom dat ertjies amper ’n hele alfabet vol vitamiene bevat wat jou baie sterk maak. Dit help nie. Ernst weier om ertjies te eet.

Op ’n dag, toe niemand kyk nie, eet hy egter een piepklein ertjie. Meteens begin die vreemdste dinge in Ernst gebeur! Hy word so beroemd soos ’n rock-ster … hy word skatryk … hy word ’n sterk superheld wat die wêreld met sy ertjiegeweer red.

Beteken dit dat hy van nou af ertjies gaan eet?

Hierdie lawwe, rymende prenteboek met sy verrassende einde sal selfs die kieskeurigste kleuter ’n ruk lank van alle kosfiemies laat vergeet! Wees versigtig: dalk kry jy self lus om aan ’n ertjie te proe.

Die dag toe Ernst ’n ertjie geëet het word deur LAPA Uitgewers uitgegee en is beskikbaar by toonaangewende handelaars regoor die land teen R135.

Meer oor die skrywer en illustreerder:

Johan Strauss woon in Pretoria. Hy het al ATKV-Kinderboektoekennings en die M.E.R.-prys vir sy sketse ontvang.

Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou Elize, sy dogtertjies Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang. Sy hele gesin eet soms ertjies. Wel, die luislang eet nooit ertjies nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button