BOEKE: Al wat oorbly
Haar drakoniese stiefma sterf, en Julia besef weer eens hoe min sy van haar eie ma weet.

Julia Meiring het haar ma verloor toe sy ses jaar oud was. Haar pa is dadelik weer getrou, en sy was deur ’n ongenaakbare stiefma grootgemaak wat byna die teenoorgestelde was van haar liefdevolle ma. Die stiefma het feitlik al haar aandag aan haar laatlammetjie gewy.
Julia vind die liefde van haar lewe in haar buurman, Wynand du Toit. Hy is ’n geskeide man en die pa van twee kinders maar Julia laat haar deur die verhouding meesleur, want Wynand se kinders woon in die Kaap by hul ma, en sy kan hulle heeltemal vermy.
Omstandighede dwing Wynand se eks en haar gesin terug na Gauteng toe, en Julia verbreek summier hulle verhouding. Sy sien nie kans om ’n ma te wees nie, en nog minder ’n stiefma.
Haar drakoniese stiefma sterf, en Julia besef weereens hoe min sy van haar eie ma weet. Sy probeer ’n beeld van haar ma saamflans uit die herinneringe wat haar veel ouer suster, half onwillig met haar deel. Stadig maar seker, besef sy dat haar ma nie ’n engel was nie, dat haar stiefma nie inherent boos was nie, en dat sy dalk vir Wynand weer ’n kans moet gee.
Dié is Santie van der Merwe se sesde roman.
Al wat oorbly is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012-401-0700 of besoek www.lapa.co.za.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
