Opinion

OPINIE: Geniet jou koffie

“Bid dat God se Gees jou daarvan bewaar dat mense jou met allerlei onwaarhede mislei”.

In die 17e eeu het sultan Murad IV homself soos ’n gewone werker vermom en met ’n 40kg swaard in die strate van Konstantinopel (nou Istanbul) rondgestap. Hy was op soek na mense wat koffie drink. Sou hy een raakloop het hy daar en dan dié se kop afgekap.

Die storie agter dié storie is dat hy op 11-jarige ouderdom heerser van Turkye geword het en vir ’n lang tyd onder die toesig van voogde regeer het.

Só het een van hulle van ’n koffiehuis teruggekom en hom gewaarsku dat koffie die potensiaal het om mense se breinvog op te droog en hulle te verlam. Die voog het ook in die koffiehuis gesien dat mense wat alkohol gebruik, sing en vrolik is, terwyl mense wat koffie drink sober bly en teen die regering komplotte smee. Net daar het Murad IV aan sy swaard begin slyp.

LEES OOK: OPINIE: Wie is hierdie Jesus dan?

Die oorlog teen koffie het egter nie net in Turkye gewoed nie.

In 1674 sirkuleer The Women’s Petition Against Coffee in Engeland waarin beweer word dat koffie mans impotent maak en koning Charles II van Engeland wou alle koffiehuise sluit omdat dit die broeiplek van opruiende gedigte was.

Dalk sit jy nou met lekker koffie in die hand en glimlag hieroor. Belaglik, sê iemand anders.

Dis belangrik om te besef dat hierdie “oorlog” soos baie ander begin het met ’n klein storietjie of verdraaiing. Só ’n storie skiet baie maal wortels en word later ’n yslike groot boom en koffie word aartsvyand nommer-een.

Ons leef in ’n tyd vol valse en gevaarlike stories. Stories wat mens teen mens en groep teen groep opsweep.

Geen wonder dat Petrus ons waarsku: “Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu” – 1 Petrus 5:8.

Een Engelse vertaling sê dat ons “clear-minded and alert” moet wees.

In Efesiërs 5:6: “Bid dat God se Gees jou daarvan bewaar dat mense jou met allerlei onwaarhede mislei” en weer in Filippense 1:9: “Bid ook dat jou liefde groei en dat dit jou help om te weet hoe jy moet optree”.

Geniet jou koffie!

LEES OOK: OPINIE: Voel jy ook lus om te kla?

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button