Opinion

OPINIE: Jou foto op God se yskas

Daarna wonder ek of dit nie maar is hoe baie oor God dink nie – donker en bedreigend?

Ek woon ’n paar jaar gelede ’n diens in ’n klein Ortodokse kerkie op die eiland van Ciprus by. Dis net die leraar voor in die kerk, ’n paar ou tannies en ek. Ondanks al die kerse en kandelare wat in die kerk gebrand het, was alles donker, baie donker.

Daarna wonder ek of dit nie maar is hoe baie oor God dink nie – donker en bedreigend?

Terwyl ek hier skryf, plaas iemand ’n video op Facebook waarin sy vra hoe sy God ooit weer kan vertrou? Sy voel hy (met kleinletters) het haar in die steek gelaat.

Vir baie is God ’n ou man met ’n diep frons en opgehewe vinger wat net wag om ons te straf vir al ons foute. Hulle haal so graag sekerd tekste uit die Bybel aan wat praat oor God se toorn.

Hy is ver. Hy is koud. Ek staan saam met ’n jong vrou by die graf van haar kind en sy roep uit: “Of God bestaan nie, of Hy gee nie om nie.”

Is dit regtig so?

Nee, duisendmaal nee. Die Bybel praat so anders oor God.

Max Lucado sê dit so mooi: “As God ’n yskas het, sal daar iets van jou daarop vasgeplak wees. Dra Hy ’n beursie, sal jou foto daarin wees. Hy stuur vir jou elke oggend die sonlig en blomme in die lente. Die Heelal is te klein om Hom te bevat en tog wil Hy by jou kom bly.

Sefanja 3:17 bevestig dit: “Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.”

Sodat jy nooit daaraan sal twyfel nie, het Hy vir jou Kerstyd gegee.

Hy laat ’n engelekoor hierdie lied sing: “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal ’n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê” (Luk. 2:11).

God is tot oorlopens toe lief vir jou. Hy het self op Kersdag by jou adres ingestap.

Amen. Dit is só!

LEES OOK: OPINIE: Kerstyd – God se vinger op aarde

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button