Opinion

OPINIE: Blom daar waar jy geplant is

Toe koning Hendrik later sterf, is op sy grafsteen geskryf: Hierdie koning het geleer hoe om op die troon gehoorsaam te wees.

Daar is by baie mense ‘n traagheid vir 2019. Sovêr ek lees is daar ‘n sug vir ‘n ander jaar, ander plek, ander lyf, ander verbintenisse en ander omstandighede.

Dit laat my dink aan die 11de eeuse verhaal van Koning Hendrik van Beiere. Hy het ook moeg geword vir die lewe in die paleis en die druk op hom as regeerder. Hy laat kom toe vir biskop Richard en vra of hy die res van sy lewe in ‘n klooster kan deurbring.

“U majesteit,” het die biskop geantwoord, “Dit sal vir U baie moeilik wees. U is ‘n koning en tot nou toe was almal aan u gehoorsaam. As U in die klooster intrek sal uself ‘n belofte van absolute gehoorsaamheid moet aflê.” Die Biskop het verder gegaan: “Kom ek stel iets anders voor – gaan terug na u troon en wees gehoorsaam waar God u geplaas het.”

Toe koning Hendrik later sterf, is op sy grafsteen geskryf: Hierdie koning het geleer hoe om op die troon gehoorsaam te wees.

Wanneer ons vorentoe kyk en moedeloos voel sal dit ons help om te onthou dat God ons op ‘n spesifieke plek geplaas het en ons aangesê het om daar ‘n goeie pa of ma, rekenmeester, of landsburger te wees. Bid op daardie spesifieke plek Matteus 6:9 Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

Bid dit in die aand, maar ook in die oggend voor jy uitstap. Bid en wees dit.

Leef dit daar waar jy agter of voor ‘n toonbank staan. Juffrou en meneer, laat dit vloei in die woorde vir die kinders wat voor jou sit.

Besigheidsleiers, laat dit sigbaar word in die manier hoe jy jou werkers hanteer. Politici, demonstreer dit oppad na die verkiesing.

Nee, ons omstandighede gaan nie noodwendig verander nie, maar ons kan werk aan die hart waarmee ons daar leef.

As die son nie skyn daar waar jy leef nie, wees dan die lig.

LEES OOK: OPINIE: Jou foto op God se yskas

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button