LettersOpinion

BRIEF: Swak posdiens

Ek stem saam met Ria du Toit dat ons posdiens eintlik nie meer bestaan nie.

Met verwysing na die “Posdiensbrief” wat in 15 Februarie se Rekord verskyn het, die volgende:

Ek ontvang ’n goevermentspensioen van Nederland. Die posaflewering met prioriteitsdiens van Nederland na Suid Afrika vat omtrent 7-8 weke en soms ontvang ons niks nie!

Hulle vra vir ’n lewensbewys, gesertifiseer deur die Suid-Afrikaanse polisie, sodat ons pensioenbetalings kan aangaan.

Indien daar nie binne vier weke op gereageer word nie, sal die pensioenbetalings stop.

In briewe, in Nederlands en Engels, is dit duidelik dat offisiële instansies oorsee bewus is van ’n falende posaflewering in Suid-Afrika.

Ek stem saam met Ria du Toit dat ons posdiens eintlik nie meer bestaan nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button