Opinion

OPINIE: Die dinge wat regtig saak maak

Ek vra vir ’n groepie seniors om terug te kyk op hulle lewe en ’n lys van 12 lewenslesse op te stel - een vir elke maand.

Ek vra vir ’n groepie seniors om terug te kyk op hulle lewe en ’n lys van 12 lewenslesse op te stel – een vir elke maand.

Hier is dit:

1. Jy is nooit te oud om ’n nuwe droom te droom nie.

2. Dans wanneer jy kan, al is daar nie musiek nie.

3. Jou beroep gaan nie vir jou omgee wanneer jy siek of swak is nie. Jou vriende en familie sal.

4. Maak vrede met jou verlede sodat dit nie jou hede steel nie.

5. Raak ontslae van dit wat jy nie regtig gebruik nie. Dit verstop net jou lewe.

6. Dit is nooit te laat om gelukkig te wees nie. Die keuse is joune.

7. Glimlag vir almal, al glimlag hulle nie terug nie.

8. Brand vandag die kerse, gebruik die goeie linne, dra die mooi klere. Vandag is spesiaal.

9. Bitterheid is ’n mors van tyd.

10. Die mooiste wat hulle aan die einde van jou lewe moet kan sê, is dat jy liefgehad het.

11. Bekommernis is ’n mors van tyd.

12. Die lewe kom nie met strikkies aan nie, maar is steeds ’n geskenk.

Die besonderse feit van die lys is dat geen van hierdie lesse nie net vir ’n paar mense beskore is of buite enigeen se bereik is nie. Daar is niks hier wat geld kos of net vir jong en gesonde mense moontlik is nie.

Salomo sê dit so mooi: “Solank jy onder die lewendes is, het jy hoop” – Prediker 9:4. “Eet jou brood met vreugde” – Prediker 9:7. “Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet” – Prediker 9:9 en bo alles “doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen” – Prediker 9:10.

Al wat dit vra is ’n besluit om voluit te leef.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button