Opinion

BOEKE: Sielkundige roer hartsnare met verhaal oor Boereoorlog

Lees meer hier oor Jacques le Roux se nuutste verhaal oor die Boereoorlog.

Die skoonheid en genesende krag van liefde en vergifnis kom sterk na vore in Jacques le Roux se debuutroman Donker bloeisel.

Le Roux is ’n sielkundige en spesialiseer in trauma-berading en verlies-terapie.

“Dis die reis waarop ons elkeen soms moet gaan om persoonlike probleme te konfronteer,” beskryf Le Roux sy roman.

“Almal wil graag aanvaar word deur familie, vriende en die gemeenskap. Wanneer jy voel dat jy nie inpas nie, is dit soms maklik om bitter en eensaam te voel.

“So weerhou ons onsself ook baie keer van goeie en liefdevolle verhoudings met die mense om ons,” sê Le Roux.

Hy wys na foto’s van die destydse oorlogshopsitaal op Deelfontein in die Karoo tydens die Anglo Boereoorlog.

’n Groot gedeelte van sy boek speel hier af.

Le Roux vertel dat hy nog altyd die Boereoorlog fassinerend gevind het en sê dat hy selfs na Deelfontein gereis het as deel van sy navorsing.

In sy boek skryf hy ook kleurvol oor die soldate wat verban was na St. Helena-eiland tydens die oorlog en hul daaglikse lewe daar.

“Donker bloeisel is nie ’n oorlogstorie nie, maar ’n storie oor verhoudings; die soms moeilike verhouding tussen pa en seun, tussen broers en ook tussen Boer en Brit,” sê hy.

“Die goue draad wat regdeur die verhaal loop, is eenvoudig: slegs deur aanvaarding, vergifnis en begrip vir mense om jou kan jy vrede maak met jouself.”

Donker bloeisel is gepubliseer deur Naledi, kos R200 en is beskikbaar by www.naledi.online .

LEES OOK: BOEKE: Losprys

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button