LettersOpinion

BRIEF: Verbranding van e-toll state

"Daar is net ’n praktiese verskil: e-tol is geriefliker omdat mens nie hoef te stop om te betaal nie."

Geagte redakteur

Hoera vir Kobus Vorster se brief in verabnd met die DA se verbranding van e-tolstate (Rekord, 19 April 2019). Daar is geen beginselverskil tussen elektroniese en handinsameling van tolgeld nie. As mens teen die een is/nie is nie, moet jy ook teen die ander een wees/nie wees nie.

Daar is net ’n praktiese verskil: e-tol is geriefliker omdat mens nie hoef te stop om te betaal nie. Daarom is dit ook nie onprakties om meer betaalpunte korter op mekaar te hê nie met ’n laer bedrag betaalbaar per punt. Dit is dus regverdiger, want mens betaal net vir die stukkie van die pad wat jy wel gebruik.

Outa weet duidelik nie watter faktore die koste van paaie bepaal nie. Dis nie bloot kilometerlengte nie, maar ook hoeveelheid bane (padbreedte), hoeveel verkeer die pad dra en die aanwesigheid van brûe. Die e-tolpaaie is breë paaie wat swaar verkeer dra. Dis ook ’n netwerk van deurpaaie sodat lang, breë, peperduur brûe volop is.

Kan mense nie dink nie? Duidelik nie, veral nie as mens deur on-logika geld kan hou in pleks van betaal nie. Wat wel moet gebeur, is dat die brandstofheffings vir padinstandhouding afgeskaf moet word – daardie geld kom in elk geval nie by die paaie uit nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button