Opinion

OPINIE: Laat jou stem ’n verskil maak

Ons noem onsself Christene. Maak dit enigsins ’n verskil by die stembus?

Om te stem of nie te stem nie?

Vir wie moet ons stem en gaan dit enigsins ’n verskil maak? Hierdie is belangrike vrae. Maar dan seker die belangrikste vraag: Ons noem onsself Christene. Maak dit enigsins ’n verskil by die stembus?

Die antwoord hierop is duidelik: Politiek en godsdiens mag nie van mekaar losgemaak word nie. As die Here vir ons betekenis het, sal ons Hom wil saamnooi wanneer ons 8 Mei by die stemlokaal instap. God wil alles in alles wees, ook in ons politiek – 1 Korintiërs 15:28. Wanneer ons ons ook op stemdag beywer vir die koninkryk van God, dan sal Hy vir ons ook alles gee wat ons nodig het – Matteus 6:33.

Wat is dan die dinge waaraan ons moet dink? Hier is ’n paar:

Stem moet ons stem: Jare gelede het ’n party mense aangemoedig: Stem reg, bly weg. Christene verstaan hulle verantwoordelikheid om te gaan stem. Wanneer Efesiërs 5:16 sê dat ons die beste moet maak van elke geleentheid, dan geld dit sekerlik hier ook.

Totale bevolking: Die Heer het ons almal in dieselfde land geplaas en ons moet vir almal gun wat ek vir myself begeer. Die Here is hieroor baie beslis in Matteus 7:12 – “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.” Natuurlik is my belange belangrik en natuurlik mag en moet ek daarna kyk, maar dis nie die enigste nie.

Eerbaarheid: Ons sal eerlik moet vra watter partye nie in die eerste plek die beste beloof nie, maar ook met positiewe waardes optree – in die verlede, maar ook nou. Ons leef in ’n tyd waarin populariteit en selfsug alle waardes verdring.

Medemenslikheid: Enige party wat enige groep mense as minderwaardig behandel of verkondig of wat mense nie bymekaar bring nie verdien nie ons stem nie. God het elke mens wat leef net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom en haar met aansien en eer gekroon – Psalm 8:6. ELKEEN van sy kinders is vir Hom belangrik.

Mag ons stem op 8 Mei ‘sing’: “Nkosi Sikelel’ iAfrika” – Here, seën ons land.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button