Opinion

OPINIE: En nou, na die verkiesing?

Wanneer mens ook terugkyk na die gebeure op verkiesingsdag kon ons in baie opsigte ook duidelik die hand van die Heer gesien het.

Die 1972 fliek The Poseidon Adventure, baie soos die latere bekende Titanic film, vertel van ’n groot passasierskip wat deur ’n reusegolf omgeslaan word.

Die Sondag voor dit egter gebeur, wys die fliek hoe iemand op die dek ’n erediens hou en deel van sy tema is “God helps us, to help ourselves.” God wil ons help, maar Hy gaan dit deur óns hande en voete doen.

Na die boot omgeslaan het, word dit duidelik. Almal moet besluite neem. Niemand kan op hul eie regkom nie. Daar is om elke hoek en draai nuwe gevare, met nuwe uitdagings. Party hou op probeer, veg onder mekaar en verloor uiteindelik alles, neem roekelose beluite en verdrink. Dan was daar die groepie wat tog uiteindelik uitkom en gered word.

Wat my aan die verkiesing laat dink. Daar is die afgelope tyd op baie plekke en deur baie mense gebid. Dit was reg so. Dit is ’n duidelike opdrag van die Here.

Wanneer mens ook terugkyk na die gebeure op verkiesingsdag kon ons in baie opsigte ook duidelik die hand van die Heer gesien het.

Die belangrike is ook nou dat God ons vorentoe wil help om onsself te help.

Here, bring asseblief mense bymekaar uit – My kind, gaan leef Jý versoening.

Here, sorg tog vir die wat swaarkry – My kind, wat betaal Jý die wat vir jou werk?

Here, straf die korrupte leiers – My kind, sorg Jý dat jy eerlik leef in alles wat jy doen.

Here, help die honger mense in ons land – My kind, vir wie het Jý vanoggend brood gegee?

George Muller het dit verstaan. Hy was die stigter van 117 skole vir weeskinders en het later 120 000 kinders versorg.

Toe hy by ’n biduur van sakemanne vra waarvoor hulle moet bid, noem een van hulle die skool onder in die straat wat die oggend nie brood gehad het nie.

George antwoord: “Ons gaan bid vir hulle brood as jy net eers sê wat jy gedoen het om vir hulle brood te gee.”

Ook vandag vra die Here: “Wie kan ek stuur?” (Jesaja 6:8)

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button