Opinion

Wanneer Jesus self by die deur kom staan

Jesus gaan vandag êrens en deur iemand onverwags by ons besoek aflê.

Daar is die verhaal van ’n tannie vir wie ’n engel een nag gesê het dat Jesus die volgende dag by haar sou kom besoek aflê. Sy het onmiddellik opgestaan en begin om die matte skoon te maak, die silwergoed te poleer en die beste teestel uit te pak.

Vroeg die oggend was daar ’n klop aan die voordeur. Opgewonde het sy deur toe gestap, maar toe sy dit oopmaak staan ’n verwese vrou met ’n baba op haar arm daar en sy vra vir kos. Vies het die tannie vir haar ietsie in die hand gestop en so gou as moontlik van haar ontslae geraak.

ALSO READ: Hundreds walk for Jesus

Teen teetyd was Jesus nog nie daar nie, maar sy het intussen ’n ander ontmoeting gehad. Iemand het kom vra vir tuinwerk sodat hy geld kon kry vir die bus huis toe. Met ’n kortaf: “Moet my nie nou pla nie, ek verwag ’n belangrike besoeker”, het sy die deur in sy gesig toegemaak.

Toe die son lang skadu’s begin maak en haar ongeduld ’n hoogtepunt bereik het was daar ’n derde klop aan die deur. Dit moet Hy wees, het sy by haarself gedink, en opgewonde na die deur toe gestap. Hoe groot was haar teleurstelling toe dit drie seuntjies was wat vir ’n plaaslike skool kollekteer. Sy het al haar frustrasie en teleurstelling op hulle uitgehaal.

ALSO READ: OPINION: Faith for a new season

Die nag het die engel weer aan haar verskyn en toe sy hom beskuldig dat hy nie sy belofte nagekom het nie, was sy antwoord: “Maar Jesus was by jou, hy het drie maal aan jou deur kom klop. Hy het dit dan vir jou beloof in Matt 25:40 Vir sover julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van my gedoen het, het julle dit aan My gedoen en in Hebreërs 13:2 Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.”

Jesus gaan vandag êrens en deur iemand onverwags by ons besoek aflê.

Wat vra Hy van ons?

Verseker vir ons omgee!

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button