Veelseggende laaste woorde
Ons het verlede week ’n vriend en baie besondere mens begrawe. Hy stap die middag by die ouetehuis uit en groet die dames by ontvangs met ’n vriendelike: “Ek sal julle nie weer sien nie.” Buite gaan sit hy op ’n randmuurtjie en sterf net daar aan ’n hartaanval. Dit het my baie laat …

Ons het verlede week ’n vriend en baie besondere mens begrawe.
Hy stap die middag by die ouetehuis uit en groet die dames by ontvangs met ’n vriendelike: “Ek sal julle nie weer sien nie.” Buite gaan sit hy op ’n randmuurtjie en sterf net daar aan ’n hartaanval.
Dit het my baie laat dink aan mense se laaste woorde. Jare gelede was dit nogal die gebruik dat vriende by iemand se sterfbed sou sit en hulle laaste woorde noukeurig neerskryf. Van die veelseggendes was:
– “Dit is my kroningsdag! Dit is heerlik!” het die bekende evangelis D. L. Moody uitgeroep, agteroor gesak en gesterf.
– John Darby, ook ’n bekende evangelis, se woorde was: “Ná die graf kom die Hemel. Die Christus wat daar wag is nie vir my ’n vreemdeling nie. Ek ken Hom al baie jare. Ek is bly dat Hy my ook ken. Ek het diep vrede.”
– Matthew Henry, die skrywer van baie boeke roep uit: “’n Lewe deurgebring in diens van God en in gemeenskap met Hom was die wonderlikste lewe wat iemand op aarde kon leef.”
– Leonardo da Vinci, die meesterskilder, se laaste woorde was so nederig: “Ek het God en die mensdom in die steek gelaat. My werk was nie so goed soos wat hulle kon wees nie.”
– Hierteenoor was die woorde van die Franse skrywer Francois Rabelais: “Laat sak die gordyn, die klug is verby.”
Paulus sit in die Romeinse gevangenis met die wete dat sy lewe enige oomblik beëindig kan word en hy skryf dan hierdie kragtige woorde in 2 Timoteus 4:6: “Die tyd van my dood is voor die deur. Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God.”
Niemand van ons weet wanneer ons beurt gaan aanbreek nie.
Laat ons dan besluit dat, sou dit vandag die laaste wees, elke tree wat ons gee, elke woord wat ons praat, elke daad wat ons doen of nalaat sal vertel van ons liefde vir die Here en ons naaste.
Tot die einde toe.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
