Sport

Constantia Park wen skole stoeiliga

Die Laerskool Constantia Park het onlangs die tweede Noord-Gauteng skole amateur Stoeiliga trofee verower.

In ’n titaniese stryd het Constantia Park afgereken met Laerskool Monumentpark. Die derde plek is nuut ingeneem deur Laerskool Wierdapark wat Laerskool Hennopspark verslaan het.

Ander skole wat deelgeneem het aan die uitkloprondtes was Laerskole Lynnwood, Tygerpoort en ook ’n Barbarianspan, saamgestel uit stoeiers van Laerskole Louis Leipoldt en Midstream.

Daar was ook ’n span van skole uit Soshanguve. Die skildtrofee vir skole wat die eerste rondte verloor het, is uiteindelik gewen deur Laerskool Tygerpoort teen Lynnwood.

Skole-stoei is besig om baie vinnig te groei en hierdie jaar het meer as 35 nuwelinge deelgeneem aan die liga. Elke span word toegelaat om ’n aantal nuwelinge in sekere gewigte te gebruik waarmee bonuspunte verdien word. Elke skool het ’n span van 12 stoeiers, een per gewig.

Skole stoei dan teen mekaar per gewigklas en stoeiers verdien punte vir hulle skool vir elke wen.

Noudat stoei weer een van die hoofsporte is op die Olimpiese kalender, beloof dit groot dinge vir die toekoms as Suid-Afrika se skoolgaande jeug meer betrokke raak in die sport.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Check Also
Close
Back to top button