Sport

Groot sagtebaltoernooi in Pretoria

Die jaarlikse SA Skole sagtebaltoernooi vind in Pretoria plaas van 4 tot 7 Desember.

Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Skole-sagtebaltoernooi vind vanjaar tussen 4 en 7 Desember in Pretoria plaas.

Seuns- en dogterspanne in die o.13, o.15 en o.17 ouderdomsgroepe neem deel aan die kampioenskappe op die Craffordstadion in Rietondale.

Enkele o.19 spanne sal ook in die o.17 afdeling deelneem.

Provinsies soos KwaZulu-Natal, Weskaap, Noord-Gauteng, Noordwes (Kwena), Sentraal-Gauteng, Ekurhuleni (Eastern-Gauteng) en moontlik ook Vrystaat kom hier deelneem.

Noord-Gauteng het weens sy krag in skolesagtebal vanjaar twee spanne in elke afdeling. Hierdie spanne sal bekendstaan as die “Blue Socks” en die “Red Socks”.

Na afloop van die toernooi word die Suid-Afrikaanse “All Star”-spanne aangewys. ’n Groep keurders by elke ouderdomsgroep hou al die wedstryde dop en stel dan daarvolgens die spanne (12 spelers per span) saam. Wedstryde begin reeds elke oggend om 08:00 en daar sal daagliks sowat 50 wedstryde gespeel word. Elke aand teen ongeveer 17:00 sal daar met ’n hoofwedstryd van die dag afgesluit word, wat onder spreiligte teen ongeveer 18:30 sal eindig.

Noord-Gauteng en die Weskaap is die groot gunstelinge om met die meeste titels vanjaar weg te loop.

Lede van die publiek is welkom om hierdie opwindende sportgeleentheid te ondersteun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button