Sport

Top stoei by TuksChallenge

Die 2014 TuksChallenge stoeitoernooi wat onlangs in die Rembrandtsaal op Tukkies se sportkampus aangebied is, was ‘n reuse sukses. Die toernooi is ondersteun deur 29 klubs en meer as 400 stoeiers het ingeskryf om deel te neem. Dit beteken dat hierdie toernooi amptelik die grootste klubtoernooi in die land is. Top stoeiers soos Requir van …

Die 2014 TuksChallenge stoeitoernooi wat onlangs in die Rembrandtsaal op Tukkies se sportkampus aangebied is, was ‘n reuse sukses.

Die toernooi is ondersteun deur 29 klubs en meer as 400 stoeiers het ingeskryf om deel te neem. Dit beteken dat hierdie toernooi amptelik die grootste klubtoernooi in die land is.

Top stoeiers soos Requir van der Merwe, wat die afgelope vyf jaar in Amerika woon, het ook deelgeneem. Hy het gesorg vir aanskoulike stoei en hy het in beide sy afdelings goud ingepalm.
Die sewe stoeimatte het gewriemel van talentvolle stoeiers. Meer as 160 jong stoeiertjies het dit verbete uitgespook om te wys watter tegnieke hulle al baasgeraak het. Ouer stoeiers het hulle ook baie goed van hulle taak gekwyt, terwyl die seniors en meesters ook bewys het dat stoei ‘n sport vir jonk en oud is.
Die stoei was van hoogstaande gehalte, maar die tuis-klub (TuksStoei) het uiteindelik genoeg gedoen om met die spantrofee huis toe te gaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button