Sport

Silver en goud vir plaaslike sagtebalspanne

Pretoria se sagtebal-trots, die mans- en vroue senior provinsiale spanne, ook bekend as Northerns, het vanjaar groot sukses by die nasionale sagtebal kampioenskap behaal. Dié kampioenskap is vanjaar in die Turfhall-stadium in Kaapstad aangebied. Beide die mans- en vrouespanne van Northerns het na hul onderskeie eindrondtes deurgedring. Die vroue het die omgekrapte span van die …

Pretoria se sagtebal-trots, die mans- en vroue senior provinsiale spanne, ook bekend as Northerns, het vanjaar groot sukses by die nasionale sagtebal kampioenskap behaal. Dié kampioenskap is vanjaar in die Turfhall-stadium in Kaapstad aangebied. Beide die mans- en vrouespanne van Northerns het na hul onderskeie eindrondtes deurgedring. Die vroue het die omgekrapte span van die WP as teenstanders gekry en hoewel hulle goed rekenskap van hulleself gegee het, moes hulle ongelukkig die knie buig teen die Kapenaars. Die eindtelling in die eindstryd was 8-5 in die guns van die WP. Die mans se goue medalje het nie sonder die nodige drama na hulle kant toe gekom nie. Hulle het teen die span van Limpopo te staan gekom in die eindstryd. Toe Northerns se laaste kolfbeurt aanbreek was die telling vier elk en die spanning het hoog geloop. Northerns het een lopie gekort om te wen. Om hierdie lopie te kry moes Corné de Lange van Northerns vorder tot op die derde sak. Al die druk het egter op die junior in die span, Koos Viljoen, neergekom. Met twee houe teen hom en twee spelers uit, kry Viljoen dit toe reg om die bal verby die binneveld te slaan en De Lange vir die wenlopie in te bring. Uiteindelik kon Northerns feesvier, want die goue medalje is gewen. Hierdie oorwinning beteken meer as net die goue medalje, want Pretoria se mans is nou amptelik die beste sagtebalspan in die land.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button