Sport

Groot bokstoernooi skielik uitgestel

Skok en teleurstelling heers tans in bokskringe nadat die Electric Storm bokstoernooi, wat op Vrydagaand 6 Junie in die Rembrandtsaal van die Universiteit van Pretoria sou plaasvind, skielik Donderdag onbepaald uitgestel is. Op hierdie stadium heers groot onsekerheid oor wat werklik aanleiding gegee het tot die gebeure. ’n Woordvoerder van Real Steel Promosies het aan …

Skok en teleurstelling heers tans in bokskringe nadat die Electric Storm bokstoernooi, wat op Vrydagaand 6 Junie in die Rembrandtsaal van die Universiteit van Pretoria sou plaasvind, skielik Donderdag onbepaald uitgestel is.

Op hierdie stadium heers groot onsekerheid oor wat werklik aanleiding gegee het tot die gebeure. ’n Woordvoerder van Real Steel Promosies het aan Rekord gesê dat meer inligting vroeg volgende week beskikbaar sal wees, maar hy het bevestig dat die krisis veroorsaak is deur borge wat op kort kennisgewing laat weet het dat hulle “weens logistieke probleme” nie meer waarborge kon lewer, soos vooraf per kontrak vasgestel nie.

Die toernooi was veronderstel om Real Steel Promosies se groot deurbraak te wees en vier van Suid-Afrika se heel beste junior swaargewig boksers sou betrokke wees. Daar sou ook vier wêreldtitels op die spel gewees het by die toernooi.

Volgens die woordvoerder van Real Steel Promosies, wat bitter teleurgesteld was toe hy met Rekord gesels het, is die gebeure rondom die uitstel van die toernooi ’n reuse verleentheid vir hulle, maar dat dit totaal buite hulle beheer is. Sommige van die internasionale boksers wat betrokke was by die toernooi het reeds in die land begin aankom en daar sal ook nou aan al die boksers ’n kansellasie-fooi betaal moet word.

Hierdie fiasko sal Real Steel Promosies letterlik honderdduisende rand kos, terwyl die skade wat hul geloofwaardigheid ly nog nie bepaal kan word nie. Dit sal egter beslis ook enorm wees.

Die toernooi se eerste terugslag het drie weke gelede reeds gerealiseer, toe ’n ander plaaslike promotor vir Real Steel met regstappe gedreig het as hulle sou voortgaan om Santander Silgado in die hoofgeveg van die toernooi teen Danie Venter te laat veg, aangesien dié Colombiaan glo onder kontrak sou wees om eksklusief vir die betrokke promotor te veg.

Real Steel Promosies moes toe inderhaas ’n plaasvervanger vir Silgado kry.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button