Junior muurbalspelers van Centurion maak hul merk
Altesaam 29 junior spelers van Centurion Junior Muurbal het die voorreg gehad om die opoffering van hulle en hul ouers te vier deur die kans te kry om hulself teen die res van die land se bestes te toets.
Maande van harde oefening en toewyding het onlangs vrugte afgewerp vir ’n groep jong muurbalspelers van Centurion, toe hulle almal met provinsiale kleure beloon is.
Altesaam 29 junior spelers van Centurion Junior Muurbal het die voorreg gehad om die opoffering van hulle en hul ouers te vier deur die kans te kry om hulself teen die res van die land se bestes te toets.
Centurion Junior Muurbal is ’n klub wat streef daarna om enige jong muurbalspeler voor te berei en te ondersteun van beginnersvlak af tot en met provinsiale en nasionale vlak. 2014 was ’n besonderse suksesvolle jaar vir hierdie klub met die meeste provinsiale spelers ooit wat die groep aktiewe lede nog opgelewer het. Die klub se basis is die Uitsig Muurbalklub in Rooihuiskraal en bedien spelers uit 13 verskillende laer en hoërskole in en rondom Centurion.
Volgens die hoofafrigter van die groep, Maryna Fourie, is daar ’n paar kernfaktore wat die rede is vir die sukses wat behaal is. Ouer-betrokkenheid, toewyding van afrigters and die passie van die spelers is ’n wenkombinasie. Hierdie 29 spelers, tussen o.11 en o.19, het regoor die land deelgeneem teen al die bestes van die ander provinsies en ongelooflike groei in hulle muurbal beleef.
Volgens Fourie is die groep bevoorreg om die ondersteuning van die bestuur van Uitsig Muurbalklub te hê. Die juniors word selfs ondersteun om ook vir die mans- en damesligas vir die klub te speel.
