Vrou klop manne in ultra marathon
Die jaarlikse "Dawn2Dusk 12 Hour Circuit Race" is onlangs by die Akasia Hoërskool gehou.
Die jaarlikse “Dawn2Dusk 12 Hour Circuit Race” is onlangs by die Akasia Hoërskool gehou.
Gedurende hierdie wedloop kan spanne (mans, vroue of gemeng) inskryf om 80km in 12 ure te voltooi om in aanmerking te kom vir ’n medalje. Individuele deelnemers moet ook 80km van sonsopkoms tot sonsondergang voltooi.
Die wenner is die drawwer wat die meeste kilometers in die 12 ure voltooi het en nie die een wat die 80km eerste afgelê het nie.
Raylene Bosman van die Pretoria Militêre Maraton Klub het die derde agtereenvolgende jaar die dames individuele kompetisie gewen deur ‘n afstand van 102km af te lê.
Bosman van Karenpark in Akasia het nie net die dames-afdeling gewen nie, maar was ook die algehele individuele wenner van die dag deur stof in die manne se oë te skop met die meeste kilometers in 12 ure.
Hiervoor het sy ’n trofee, die gesogte wit “D2D”-baadjie en haar permanente nommer vir die wedloop ontvang.
