Local sportSport

Stegmann en Mbonambi uitgewys vir vuilspel

Ten spyte van heelwat positiewe aspekte in die Blou Bulle se oorwinning van 28-13 teen die OP Kings in Port Elizabeth, sal dié span waarskynlik hierdie week ’n reuse terugslag beleef wanneer adv. Tokkie van Zyl van SARU sy beslissing maak ná die dissiplinêre verhore van Deon Stegmann en Bongi Mbonambi. Stegmann en Mbonambi is …

Ten spyte van heelwat positiewe aspekte in die Blou Bulle se oorwinning van 28-13 teen die OP Kings in Port Elizabeth, sal dié span waarskynlik hierdie week ’n reuse terugslag beleef wanneer adv. Tokkie van Zyl van SARU sy beslissing maak ná die dissiplinêre verhore van Deon Stegmann en Bongi Mbonambi.

Stegmann en Mbonambi is albei deur die wedstrydkommissaris vir gevaarlike spel uitgewys ná Vrydagaand se wedstryd teen die OP Kings.

Stegmann sal aangekla word dat hy die OP Kings se losvoorspeler, Devon Oosthuizen, met die elmboog in die gesig geslaan het. Hy het tydens die wedstryd ’n rooikaart gekry en sy onbesonne daad was ook verantwoordelik vir die kansellering van Akona Ndungane se drie, wat reeds toegeken was. Dié drie sou aan die Bulle hul bonuspunt besorg het, wat hulle toe agterna ten spyte van herhaalde pogings nié kon kry nie.

Behalwe vir die feit dat daardie bonuspunt die Blou Bulle later in die toernooi duur te staan kan kom, sal die span ook sukkel in die afwesigheid van Stegmann, wat waarskynlik vir tot drie weke geskors gaan word.

Mbonambi is uitgewys vir die manier waarop hy op gevaarlike wyse by ’n losskrum ingeduik het.

Die Bulle se volgende drie wedstryde teen die Haaie (tuis), die Cheetahs (weg) en die Pumas (weg) kan in gedrang kom. Stegmann het net weer begin wedstrydfiks word na sy lang besering en die invloed van sy spel was duidelik te sien in die Blou Bulle se vertonings die afgelope drie weke.

Hoewel daar twee goeie plaasvervangers vir Mbonambi op haker is, was hy self goed op dreef en veral sy baldra-vermoë sal deur die Bulle gemis word.

Die verhoor vind Dinsdagoggend plaas en ondersteuners van die Blou Bulle behoort teen Dinsdagmiddag te weet wat die lot van hierdie twee sleutelspelers is.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button