Local sportSport

Bulls druk ses drieë, klop Reds oortuigend

Die Bulls se oortuigende oorwinning oor die Reds, waartydens hulle ses drieë gedruk het, het hulle in staat gestel om steeds onder die top drie spanne op die algehele puntelys te bly.

Die Bulls het Saterdagaand hul derde plek op die algehele SupeRugby puntelys en hul eerste plek in die Suid-Afrikaanse groep behou met hul puik oorwinning van 43-22 oor die Reds.

Die Bulls het in die proses ses drieë ingeryg om ’n bonuspunt te verdien. Dis slegs die tweede keer vanjaar dat hulle dit kon regkry om vier drieë of meer in een wedstryd te druk.

Pierre Spies en sy manne het baie goed begin en teen rustyd het hulle reeds drie drieë in die sakkie gehad. Met hul rustyd voorsprong van 24-5 was dit te wagte dat die Bulls in die tweede helfte die bal sou begin rondgooi om meer drieë te druk.

Die manne van Brisbane het die tuisspan egter laat skrik met drie vinnige drieë binne die eerste kwartier na rustyd. Daar sal veral kommer wees oor die Bulls se swak verdediging in dié deel van die wedstryd, terwyl hulle ook te maklik by die afbreekpunte geklop is.

Aan die ander kant tel dit baie vir die karakter van die Bulls dat hulle weer kon terugslaan en na ’n halfuur se spel in die tweede helfte basies die wedstryd beklink het, ná twee puik drieë deur die jong binnesenter, Burger Odendaal en die reserwe skrumskakel, Piet van Zyl.

Nou lê daar drie moeilike plaaslike derbies voor vir Spies en sy troepe, waarvan twee – in Durban teen die Sharks en in Kaapstad teen die Stormers – wegwedstryde is. As hulle al drie hierdie wedstryde kan wen, sal die motivering baie goed wees om ’n suksesvolle toer te hê wanneer hulle die grooste deel van Meimaand in Australasië sal speel.

 

Die punte –

Bulls: 43 (24): Drieë: Francois Hougaard (2), Pierre Spies, Marcel van der Merwe, Burger Odendaal, Piet van Zyl. Doelskoppe: Jacques-Louis Potgieter (3), Tian Schoeman (2). Strafdoel: Jacques-Louis Potgieter.

Reds: 22 (5): Drieë: Lachie Turner, Will Genia, Nick Frisby, Marco Kotze . Doelskop: Lachie Turner.

Spanne:

Bulls: 15. Jesse Kriel, 14. Francois Hougaard, 13. JJ Engelbrecht, 12. Burger Odendaal, 11. Bjorn Basson, 10. Jacques-Louis Potgieter, 9. Rudy Paige, 8. Pierre Spies (kaptein), 7. Arno Botha, 6. Deon Stegmann, 5. Grant Hattingh, 4. Jacques du Plessis, 3. Trevor Nyakane, 2. Callie Visagie, 1. Dean Greyling. Plaasvervangers: 16. Jaco Visagie, 17. Morné Mellet, 18. Flip van der Merwe, 19. Hanro Liebenberg, 20. Piet van Zyl, 21. Tian Schoeman, 22. Jurgen Visser, 23. Marcel van der Merwe.

Reds: 15. Karmichael Hunt, 14. Lachie Turner, 13. Samu Kerevi, 12. Anthony Fainga’a, 11. Chris Feauai-Sautia, 10. Nick Frisby, 9. Will Genia, 8. Adam Thomson, 7. Liam Gill, 6. Curtis Browning, 5. Rob Simmons, 4. Dave McDuling, 3. Greg Holmes, 2. Saia Fainga’a, 1. James Slipper. Plaasvervangers: 16. James Hanson, 17. Ben Daley, 18. Sef Faagase, 19. Marco Kotze, 20. Tom Murday, 21. Adam Korczyk, 22. Ben Tapuai, 23. Chris Kuridrani.

Skeidsregter: Jaco Peyper
Assistent-skeidsregters: Quinton Immelman, Pro Legoete.
TV skeidsregter: Shaun Veldsman.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button