Local sportSport

Carltonbeker toernooi skop af

Die Carltonbeker toernooi het die afgelope naweek begin met net twee wedstryde wat gespeel is.

Die Blou Bulle se Carltonbeker-klubtoernooi het die afgelope naweek met net twee wedstryde afgeskop.

Soos gewoonlik het Tukkies en TUT weens die universiteitsvakansie nie in hierdie rondte gespeel nie.

Polisie moes ook Saterdag teen Impala van Rustenburg gespeel het, maar dié wedstryd is uitgestel na 2 Mei omdat albei spanne gevra het vir herstelkans so kort na die uitspeelrondtes van die Gemeenskapsbekerreeks. Die twee spanne het drie strawwe wedstryde binne vyf dae gespeel in dié toernooi.

Rustenburg Impala het op spesiale versoek toestemming gekry om vanjaar deel te word van die Carltonbeker-toernooi. Hulle sou slegs in die ligafase teen die res van die spanne speel, maar nie kon kwalifiseer vir die halfeindrondte of die eindstryd nie. Die uiteindelike wenner van die toernooi sal volgens die ooreenkoms dan teen Impala speel vir ‘n ander trofee, wat spesiaal vir dié wedstryd beskikbaargestel sou word. Volgens berigte het Oostelikes, Naka Bulle, Harlequins en TUT intussen besluit om nié hul loslootjie-naweke op te offer om teen Impala te speel nie, wat vir dié klub uit Rustenburg die probleem skep dat hulle net van ses wedstryde deur die res van die seisoen verseker is.

Die Carltonbeker toernooi word vanjaar in ‘n dubbel-rondte wedstryde beslis, wat beteken hulle sal slegs tweekeer teen Polisie, Tukkies en Centurion speel.

* Oostelikes het die naweek daarin geslaag om Naka Bulle met 38-34 te klop in ‘n opwindende wedstryd wat elf drieë opgelewer het. Albei spanne het bonuspunte vir vier drieë of meer behaal. Naka Bulle se skopper kon egter slegs twee van hul drieë verdoel, wat aan Oostelikes die kans gegee het om die voortou te neem. Laasgenoemde het boonop ook drie strafdoele behaal.

* Centurion het voortgebou op hul sukses in die Assupol Klubreeks deur Harlequins met 57-24 te klop. Ook in hierdie wedstryd het albei spanne bonuspunte verdien, nadat Harlequins self vier keer agter die doellyn gaan kuier het. Die manne uit die suide het egter agt drieë ingeryg, waarvan sewe deur hul knap losskakel, Jean Grobler, verdoel is. ‘n Interessante aspek van die stryd tussen Centurion en Harlequins is dat die Assupol-kampioene slegs die stryd tussen die eerste spanne kon wen. Harlequins se tweedes, derdes en albei hul junior spanne het hul wedstryd gewen, wat baie bemoedigend vir dié klub se toekoms is. Dit dui op diepte by Harlequins, wat die afgelope paar seisoene al sukkel in die Carltonbekerreeks.

* Eerskomende naweek sal al die spanne in aksie wees. Harlequis speel tuis teen Polisie, Naka Bulle ontmoet TUT op hul tuisveld in die Moot, Tukkies speel gasheer vir Oostelikes en Impala reis na Centurion vir hul tweestryd. Al hierdie wedstryde is veronderstel om 16:00 te begin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button