Local sportSport

TUT verras, Polisie maak stem dik in Carltonliga

Terwyl TUT se vertoning teen Naka Bulle goeie nuus is vir klubrugby in Pretoria, het Centurion ook die afgelope naweek weer hul stem dik gemaak en gewys dat hulle beslis weervanjaar ’n ernstige aanspraakmaker op die beker kan wees.

Die tweede week in vanjaar se Carltonbeker-reeks het reeds ‘n paar interessante uitslae opgelewer.

Hoewel die wedstryd tussen Centurion en Rustenburg Impala nie amptelik deel is van die liga nie, was die uitslag in hierdie wedstryd besonder interessant uit die oogpunt van die Carltonbeker-reeks in geheel.

Ander uitslae het ook gewys dat vanjaar se reeks dalk meer kompeterend gaan wees as wat vooraf verwag is.

* TUT se oorwinning van 31-14 teen Naka Bulle dui op goeie nuus vir die toernooi en vir klubrugby in Pretoria, want daar was vooraf groot kommer oor die krag van TUT se rugby wat skynbaar aan die taan was. Hul sukkelvertonings in die Varsity Skildreeks het daarop gedui dat rugby by dié universiteit in baie groot moeilikheid is. Naka Bulle het vanjaar weer ‘n baie goeie span, wat beslis goeie rekenskap van hulself gaan gee in die seisoen, maar die uitslag van Saterdag se wedstryd wys dat daar ‘n inte­ressante stryd kan ontwikel tussen klubs soos dié twee, asook Oostelikes, om by groot klubs soos Tukkies, Polisie en Centurion aan te sluit in die halfeindronde van vanjaar se reeks. TUT het volpunte gekry deur vyf drieë te druk teen die manne van die Moot. Daar teenoor kon Naka Bulle net een drie druk.

* Polisie het hul toetrede tot vanjaar se Carltonbeker-reeks gemaak met ‘n oorwinning van 50-7 oor Harlequins. Die Bobbies het agt drieë ingeryg, terwyl hul nuwe bure van die anderkant van Totiusstraat slegs een keer agter die doellyn kon gaan kuier. Hoewel Polisie nie met hul sterkste moontlike span opgedraf het nie, is dié klub bevoorreg om ‘n baie goeie groep spelers te hê waaruit hulle kan kies. Hiervoor moet die bestuur van die Bobbies groot lof kry. Hul krag is bewys deur die feit dat Harlequins slegs een van die vyf wedstryde (derde span) tussen die twee klubs kon wen. Die tellings in die wedstryde tussen die twee klubs se junior spanne, waar Polisie se o.20’s met 34-17 en hul o.21’s met 66-0 gewen het, wys ook dat daar vir die toekoms beplan en gewerk word.

* Hoewel Impala, wat vanjaar weer in die eindstryd van die Gemeenskapsbeker-reeks gespeel het, vier drieë teen Centurion se drie kon druk, het die akkurate skopvoete van Jean Grobler en Stanley Twiname die tuisspan in staat gestel om met 32-26 te wen. Centurion se spel was egter soms baie goed en hulle kan vanjaar nog ‘n paar verrassings lewer in die Carltonliga. Onder leiding van hul nuwe afrigter, Riaan Brand, lyk Centurion lus en reg vir groot rugby en die klub se diepte is ook bevestig met al hul senior spanne wat maklik teen die manne van Rustenburg kon wen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button