Local sportSport

Tukkies vroue wen trofee in Frankryk

Tukkies se vroue sewesrugby span het verlede week nóg ’n trofee op ’n internasionale sewestoernooi gewen.

Tukkies se vroue sewesrugbyspan het dit wéér gedoen. Dié span het hul soveelste trofee in die buiteland verower, waar hulle as klubspan teen internasionale teenstand in ’n internasionale toernooi moes kompeteer.

Die Tukkies vroue het verlede week aan die Stanislas Sewestoernooi in Nancy in Frankryk deelgeneem. Nadat hulle in die uitspeel fase met die nasionale span van België (12-0), asook ’n Franse streekspan (24-0) en ’n uitnodigingspan van Nancy (26-0) afgereken het, het hulle ongelukkig teen Hongarye (10-19) verloor.

Hulle het steeds gekwalifiseer vir die kwarteindrondte van die toernooi, maar ongelukkig het hulle in dié wedstryd naelskraaps (7-10) teen die nasionale span van Romenië verloor.

Daarna het die Tuks vroue gekwalifiseer om in die plaatkompetisie te speel.  Hulle het Noorweë in die halfeindrondte van die plaatkompetisie met 14-0 geklop. In die finaal van die plaat-afdeling het hulle met Switserland afgereken (10-7) om dié trofee in te palm.

Volgens die span se afrigter, Riaan van der Merwe, was die toernooi vir sy spelers ’n besondere ervaring, aangien hulle vir die eerste keer in hul lopbane in sommige vandie wedstryde op ’n grondbaan moes speel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button