Local sportSport

Pukke gee Tukkies ordentlike pakslae in eerste Varsitybeker wedstryd

Die Pukke het Tukkies Maandagaand ’n rugbyles geleer in die eerste Varsitybeker wedstryd van die seisoen.

Tuks ondersteuners is Maandagaand erg ontnugter deur ’n skokkende swak vertoning van hul span waarin die Pukke van Potchefstroom hulle met 38-15 afgeransel het.

Terwyl Tukkies vooraf as een van die gunstelinge beskou is om vanjaar weer die reeks te wen, wou niemand eintlik iets oor die manne van Noordwes voorspel nie, aangesien hulle met baie nuwe jong spelers en ’n nuwe onervare afrigter na Pretoria opgeruk het.

Dit was egter gou duidelik dat hierdie span van Johathan Mokuena weer vanjaar na die eindstryd mik. Hul intensiteit het die Pretorianers onkant gevang en hul verdediging was van die afskop af verwoed.

Aan die ander kant het die Tukkies se slordige spel hul ondersteuners diep teleurgestel. Hulle het ook sonder passie en met ’n teleurstellende ou uitgediende wedstrydplan opgedaag vir hierdie eerste Varsitybeker wedstryd van die seisoen.

Die Pukke het uiteindelik vier drieë gedruk, waarvan een onder die nuwe reëls nege punte getel het, omdat die beweging in hul eie halfgebied begin het. Daarteenoor kon die tuisspan net twee keer gaan druk.

Daar lê baie harde werk voor vir Ruan Steenkamp en sy manne voordat hulle die verdedigende kampioen, Shimlas, volgende Maandag weer in die Tuks Stadion aanvat.

PUNTEMAKERS:

TUKKIES: 15 Drieë: Andrew Beerwinkel (5 punte), Duhan van der Merwe (5 punte)  Doelskoppe: Joshua Stander (1). Strafdoele: Joshua Stander (1).

PUKKE: 38 Drieë: Walt Steenkamp (5 punte), Barend Janse van Rensburg (2 – 9 punte + 5 punte)  Sylvian Mahuza (5 punte). Doelskoppe: Rhyno Smith (4). Strafdoele: Rhyno Smith (2).

SPANNE:

TUKKIES: 15 Riaan Britz, 14 Keanan van Wyk, 13 Stedman Gans, 12 Max Calitz, 11 Duhan van der Merwe, 10 Joshua Stander, 9 Andre Warner, 8 Clyde Davids, 7 Gerrit Engelbrecht, 6 Ruan Steenkamp (k), 5 Eli Snyman, 4 Pieter Janse van Vuren, 3 Neethling Fouche, 2 Corniel Els, 1 Andrew Beerwinkel.

Plaasvervangers: 16 Jan Enslin, 17 Du Toit Genis, 18 Aston Fortuin, 19 Marco van Staden, 20.Carlo Engelbrecht, 21 Quaid Langeveldt, 22 Toko Maebane, 23 Justin Forwood.

PUKKE: 15. Rhyno Smith, 14. Lucian Cupido, 13. Sylvian Mahuza, 12. Henco marais, 11. Dean Stokes, 10. Barend Janse van Rensburg, 9. Malerbe Swart, 8.Marno Redelinghuys, 7. Jeandre Rudolph (k), 6. Jaco Jordaan, 5. Walt Steenkamp, 4. Neil Loftus Morrison, 3. Bart le Roux, 2. Wilmar Arnoldi, 1. Mashudu Mafela

Plaasvervangers: 16 Louis van der Westhuizen. 17 Johan Smith, 18. Daniël Jordaan, 19. Tiaan Liebenberg, 20. Kurshwill Williams, 21 Akona Nela, 22. Nico Schoeman, 23. Lawrence Mabokela.

 

Skeidsregter: St

uys

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button