Local sportSport

Groot uitdaging vir Proteas om eendagreeks te red

Engeland het eerste gekolf en 318 lopies geslaan in die belangrike derde eendag internasionale wedstryd in die reeks van vyf teen Engeland.

AB de Villiers en sy manne sal op hul stukke moet wees as hulle hul kanse in die eendagreeks teen Engeland lewend wil hou, nadat Engeland met ’n stewige kolfvertoning 318 lopies aangeteken het in hul kolfbeurt in die derde wedstryd in die reeks van vyf.

Die Engelse het die eerste twee wedstryde gewen.

Engeland het die loot gewen en Eoin Morgan het verkies om eerste te kolf. Hierna het Alex Hales en Jason Roy uitgestap om die beurt vir die Engelse te open.

Net toe dit wou lyk of die middag lank sou word vir die Proteas se boulers, het Morné Morkel en Quinton de Kock saamgewerk om die eerste kolwer terug te stuur kleedkamer toe. Roy is uitgehardloop vir 20.

Joe Root het hom hierna by Hales aangesluit en dié twee manne het die Porteas baie lank frustreer met goeie kolfwerk. Na ’n vennootskap van 125 lopies is Hales (65) uiteindelik deur Morkel gevang van Kagiso Rabada se boulwerk.

Hierna het twee paaltjies vinnig geval, totdat Ben Stokes (53) hom by Root (125) aangesluit het. Hulle vennootskap was 68 lopies werd voor Root ongelukkig was om uitgehardloop te word na ’n misverstand met Stokes.

Hierna het nog twee vinnige paaltjies geval toe Moeen Ali (3) en Chris Jordan (3) albei uitgehaal is.

David Willey (13*) en Adil Rashid (13*) het die beurt vir Engeland voltooi, maar hulle kon nie regtig lopies jag soos hulle wou nie. Hulle het nietemin die Engelse totaal tot 318/8 opgejaag.

Teen die begin van die Proteas se kolfbeurt het die moontlikheid baie groot gelyk dat dit later die aand sou reën en die Suid-Afrikaners sou dus teen ’n stewige tempo moes kolf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button