Local sportSport

Tukkies in die moeilikheid na tweede tuis-nederlaag

Tukkies het Maandagaand op hul tuisveld in Pretoria hul tweede agtereenvolgende nederlaag in vanjaar se Varsitybekerreeks gely, toe die Shimlas van Bloemfontein hulle met een punt geklop het.

Tukkies se Varsitybekerspan is diep in die moeilikheid. Na hul tweede tuisnederlaag in hul eerste twee wedstryde van die seisoen, sal hulle nou al hul weg-wedstryde ook moet wen om in die halfeindrondte-prentjie van hierdie belangrike kompetisie te bly.

Die Shimlas van Bloemfontein, die verdedigende Varsitybeker kampioene, het die Pretorianers Maandagaand verrassend met 47-46 geklop, nadat Tukkies teen rustyd gerieflik met 36-15 voorgeloop het.

Tukkies het baie beter gespeel as verlede week se beroerde vertoning teen die Pukke, maar die wyse waarop hulle in die tweede helfte uitgesak het, sal rede tot kommer wees vir hul bestuurspan.

Aanvanklik wou dit lyk of Ruan Steenkamp en sy manne besig was om ’n ordentlike waarskuwing te rig aan die res van die kompetisie se spanne. Hulle het vroeg in die eerste helfte drie keer gaan druk. Die Shimlas wou egter nie oorgee nie en hulle het voor rustyd teruggeslaan om die groot agterstand te laat krimp.

Na rustyd het die Vrystaters stelselmatig voorlangs die wedstryd begin beheer en hulle het byna na willekeur vanaf lynstane naby die doellyn gaan druk.

Die wedstryd het op ’n spannende noot geëindig, maar die Shimlas kon vasklou aan hul een-punt voorsprong om die kragmeting op verrassende wyse te wen.

PUNTEMAKERS:

TUKKIES: 46 Drieë: Strafdrie (7 punte), Neethling Fouché (2- 5 punte + 5 punte), Duhan van der Merwe (9 punte), Riaan Britz (9 punte)  Doelskoppe: Joshua Stander (4). Strafdoele: Joshua Stander (1).

SHIMLAS: 47 Drieë: Teunis Nieuwoudt (5 punte), Mosolwa Mafuma (2- 5 punte + 7 punte), Nicolaas Immelman (5 punte), Conrad van Vuuren (9 punte), Marco Klopper (5 punte). Doelskoppe: Stephan Janse van Rensburg (2), Marco Mason (2). Strafdoele: Stephan Janse van Rensburg (1).

SPANNE:

TUKKIES: 15 Riaan Britz, 14 Keanan van Wyk, 13 Stedman Gans, 12 Toko Maebane, 11 Duhan van der Merwe, 10 Joshua Stander, 9 Andre Warner, 8 Clyde Davids, 7 Frederik Eksteen, 6 Ruan Steenkamp (c), 5 Eli Snyman, 4 Aston Fortuin, 3 Neethling Fouche, 2 Corniel Els, 1 Andrew Beerwinkel

Plaasvervangers:
16 Jan Enslin, 17 Du Toit Genis, 18 Pieter Janse van Vuren, 19 Marco van Staden, 20 Carlo Engelbrecht, 21 Quaid Langeveldt, 22 Max Calitz, 23 Justin Forwood

SHIMLAS: 15 Marco Mason, 14 Renaldo Meyer, 13 Stephan Janse van Rensburg, 12 Arthur Williams, 11 Mafuma Mosolwa, 10 Pieter-Steyn de Wet, 9 Renier Botha, 8 Nardus Erasmus, 7 Neil Claassen ©, 6 Rampheta Refuoe, 5 Dennis Visser, 4 Vidima Ntokoza, 3 Rudolph Botha, 2 Elandre Huggett, 1 Teunis Nieuwoudt

Plaasvervangers:
16 Marco Klopper, 17 Nche Retshegofaditswe, 18 Nicolaas immelman, 19 Musa Mahlasela, 20 Armand Pretorius, 21 Apiwe Dinga, 22 Daniel Maartens, 23 Conrad van Vuuren.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button