Local sportSport

Top atleet Riana van Niekerk oorlede

Een van die beste vroue padatlete wat Pretoria nog opgelewer het, Riana van Niekerk, het verlede naweek haar stryd teen kanker verloor.

Een van Suid-Afrika se beste padatlete, Riana van Niekerk, het onlangs haar stryd teen pankreaskanker verloor.

Van Niekerk was ’n inwoner van Centurion. Sy het in haar loopbaan as atleet verskeie marathons en ultramarathons gewen, terwyl sy ook vier keer daarin kon slaag om ’n goue medalje in die Comrades marathon te verower.

Benewens haar prestasies as Comrades atleet het sy ook drie keer goud verdien in die Twee Oseane marathon, Suid-Afrika se tweede bekendste ultra marathon.

Ander bekende ultra marathons en marathons wat sy in haar loopbaan gewen het is die Om die Dam 50km, wat sy verkeie keer gewen het, die Loskop Marathon, die Wally Hayward Marathon, die City to City 50km wedloop en die Wing of Life World Run.

Sy het ook talle halfmarathon wedlope in haar lewe gewen en is beskou as atleet van wêreldgehalte.

Van Niekerk het verlede jaar nog in Maartmaand die Durban City marathon gewen. Daarna het sy as deel van haar voorbereiding vir die Comrades ook in Kaapstad in die Wing for Life World run met internasionale kompetisie afgereken. Sy het haar saam met top atlete soos Caroline Wöstmann en Charné Bosman by die Nedbank klub aangesluit en was gereed vir ’n goeie vertoning in die Comrades, toe sy skielik siek geword het en met pankreaskanker gediagnoseer is.

Ten spyte van intensiewe behandeling en operasies het Van Niekerk se gesondheid nie verbeter nie en sy is uiteindelik verlede naweek oorlede.

Sy was getroud met die gewese baanatleet, Allie van Niekerk, wat haar ook vir jare lank afgerig het. ’n Gedenkdiens is verlede week in die NG Kerk in Wierda Park vir Van Niekerk gehou en verskeie atlete en atletiekvriende het van haar kom afskeid neem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button