Local sportSport

Polisie klop Impala, dring deur na halfeind

Dragons se oorwinning oor Centurion die afgelope naweek beteken dat net ’n oorwinning oor Tukkies nou staan tussen dié klub en ’n plek in die halfeindrondte van die Carltonbeker toernooi.

Kan Dragons Tuks weer klop? Dít is die vraag op die lippe van alle belangstellendes in klubrugby in Pretoria, maar die antwoord op dié belangrike vraag sal eers oor twee weke beantwoord word wanneer die student terugkeer van vakansie.

Die afgelope naweek se uitslae het twee klubs se lot beslis, maar Tukkies, Naka Bulle en Dragons sal moet wag tot die heel laaste wedstryd om te weet wat hul situasie sal wees in die uitspeelstryde.

* Polisie se sterk eindpoging het die afgelope naweek voortgeduur, toe hulle hul vierde agtereenvolgende oorwinning behaal het. Met hul oorwinning van 26-17 oor Impala het Polisie ook seker gemaak van hul plek in die halfeindrondte van die Carltonbekerreeks.

Polisie het presies gedoen wat van hul verwag was toe hulle boonop vier keer gaan druk het teen Impala. Daarmee het hulle ’n lewensbelangrike bonuspunt verdien en opgeskuif na die tweede plek op die punteleer.

Intussen het die manne uit die Noordweste ook hul ligaverpligtinge voltooi en hulle kan nog net deur Tukkies uit hul huidige eerste plek op die punteleer uitgeskuif word. Die ooreenkoms met dié klub uit Rustenburg is egter dat hulle nie kan kwalifiseer vir die uitspeelrondtes van die Carltonbeker ne. Ten minste weet hulle egter met dié indrukwekkende vertoning saam met die Carltonbeker klubs dat hulle krag en diepte op standaard is en hulle kan die Gouebeker toernooi met selfvertroue ingaan.

* In die naweek se ander ligabepaling het die Carltonbeker nuwelinge, Dragons, hul sewende oorwinning van die seisoen behaal toe hulle Centurion in ’n spannende stryd met 20-19 op hul tuisveld in Pretoria-Noord geklop het.

Gaybrin Smith van Centurion, wat normaalweg baie goed pale toe korrel en steeds die top puntemaker in die liga is, kon Saterdag nie een van sy span se twee drieë verdoel nie en dít het die verskil gemaak. Die Dragons het ook twee keer gaan druk.

Centurion sal baie dankbaar wees vir die enkele bonuspunt wat hulle verdien het deur met minder as sewe punte te verloor. Dit het hulle een punt bo Naka Bulle laat opskuif op die punteleer.

* Hierdie stand van sake beteken ook dat Centurion oor twee weke kliphard vir Tukkies sal ondersteun wanneer hulle die Dragons in die laaste wedstryd van die seisoen aanvat. Tukkies moet ook nog in daardie selfde week teen Harlequins speel om hul verpligtinge te voltooi. As Tukkies daardie wedstryde albei wen, sal hulle bo aan die punteleer eindig. Slaag die Dragons egter daarin om Tukkies weet te skok soos op 14 Mei in die eerste rondte van die reeks, sal dié nuwelinge by Naka Bulle, Centurion én Polisie verbyskuif op die punteleer.

Vir Dragons en Naka Bulle hang ’n plek in die halfeindrondte dus af van wat in die wedstryd tussen die manne van die noorde en Tukkies gebeur  op 23 Julie. Vir Centurion is dié wedstryd ook belangrik, want as Dragons wen en bo hulle eindig, kry dié nuwelinge die kans om via ’n uitspeelstryd vir die Gouebekerreeks te kwalifiseer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button