Local sportSport

Padatlete se jaar begin met George Claassen halfmarathon

Die gewilde George Claassen padwedloop word eerskomende Saterdag vir die 42ste keer in die Ooste van Pretoria aangebied.

Pretoria Marathon Klub (PMK) bied eerskomende Saterdag (21 Januarie) vir die 42st keer die bekende en gewilde PwC George Claassen padwedloop aan.

Die wedloop word aangebied ter nagedagtenis aan George Claassen, wat in 2014 op die ouderdom van 97 jaar oorlede is.

Claassen, vader van die gewese Springbok kaptein, Wynand, was vir 17 jaar skoolhoof in Middelburg en het 10 keer die Comrades Marathon voltooi. Hy het twee keer goud, vier keer silwer en vier keer bronsmedaljes in dié moordende wedloop verower. In 1961 het hy die wedloop op 44-jarige ouderdom gewen. Hy was naas Wally Hayward (46) die oudste persoon om ’n goue medalje in die Comrades te verower.

Saterdag se wedloop begin en eindig weereens by die Pick n Pay winkelsentrum in Atterburyweg, Faerie Glen.

Atlete sal kan kies tussen drie afstande. Behalwe vir die 21,1km halfmarathon is daar ook ’n 10km wedloop en ’n 5km pretdraf. Die roete vleg deur die boomryke strate en verby goed versorgde tuine van Faerie Glen.

In 2016 het net meer as 5000 deelnemers hierdie wedloop aangepak, maar die organiseerders verwag vanjaar selfs meer. Daar is voldoende parkering by die sentrum self en die nabygeleë Atterbury Value Mart.

Die wedlope oor 21.1km en 10km begin reeds om 05:30 vir stappers, terwyl die drawwers in hierdie twee wedlope om 06:00 sal wegspring. Die pretdrawwers volg daarna om 06:15. Elke atleet wat die wedloop voltooi ontvang ’n medalje.

Inskrywings kan by verskillende takke van Sportsmans Warehouse en by die meeste bekende sportwinkels in Pretoria en Johannesburg gedoen word.  Laat iskrywings word ook Vrydagmiddag vanaf 17:00 tot 19:00 by die Pick n Pay in Faerie Glen en op die dag van die wedloop vanaf 04:00 tot 06:15 hanteer.

Vir nog inligting besoek www.raceresults.co.za of skakel  Bert van der Raad by 082-922-6817.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button