Local sportSport

Abrie van Staden byeenkoms lewer weer hoë standaard atletiek

Die reënweer wat die naweek in Pretoria geheers het en ‘n nat baan kon Vrydagaand nie verhoed dat die toeskouers op die paviljoen in die Pilditch stadion puik atletiek kon beleef by die jaarlikse Abrie van Staden Prestige atletiekbyeenkoms nie.

Hoërskool Garsfontein se bekende jaarlikse Abrie van Staden Prestige Atletiekbyeenkoms is Vrydagmiddag en –aand weer met groot sukses by die Pilditch Stadion in Pretoria-Wes aangebied.

Behalwe vir Garsfontein was top skole uit verskillende dele van Gauteng by die byeenkoms betrokke. Die gasheerskool het twee spanne ingeskryf, terwyl Helpmekaar Kollege uit Johannesburg, Hoërskool Monument uit Krugersdorp, Hoërskool Dr. EG Jansen uit Boksburg, Hoërskool Jeugland uit Kempton Park, Hoërskool Oos-Moot uit Pretoria en Prestige College uit Hammanskraal almal deel van die kompetisie was.

Ten spyte van die feit dat hierdie byeenkoms baie vroeg in die seisoen aangebied word én ten spyte van die nat baan, was daar oudergewoonte weer puik prestasies.

Hierdie prestige byeenkoms word jaarliks aangebied ter nagedagtenis aan Abrie van Staden, ‘n voormalige atletiekorganiseerder en –afrigter van Garsfontein wat in 1998 skielik oorlede is.

Die 36 byeenkoms rekords wat Vrydagaand in die slag gebly het gee ’n aanduiding van die kwaliteit van die atletiek wat opgedis is. In hierdie geval was dit veral die naelloop puriste wat bederf is deur die atlete. Dié afdeling van die program het altesaam elf van die nuwe rekords opgelewer. Die hoogtepunt was ongetwyfeld die naellope vir seuns o.19, waar Thando Dlodlo van Monument en Thembo Monareng van Garsfontein vir vuurwerke gesorg het. Dlodlo (100m in 10,46s, en 200m in 21,41s) het Monareng (100m in 10,66s en 200m in 21,26) in die korter naellop getroef, maar die Garsie-blits het die bordjies in die 200m verhang. Om alles te kroon het beide hierdie twee atlete die vorige rekords in albei items gebreek. Dlodlo het boonop ook die 400m (47,45s) in ’n rekordtyd gewen.

Onder die dogters het Veruscka Woest van Dr. EG Jansen beïndruk met haar vertoning in die naellope. Haar nuwe rekord in die 100m (11,88s) vir dogters o.16 is merkwaardig en sy het die vorige rekord verpletter.

Sewe dogters kon op die byeenkoms prestasies lewer waarmee hulle meer as 100 punte op die bekende ABSA tabel verdien het. In hierdie opsig was Danae Janse van Rensburg van Oos-Moot die groot uitblinker met haar nuwe rekord van 45,60m (1084 punte) in die spiesgooi vir dogters o.16.

Onder die seuns het tien atlete die magiese 1000 punte kerf oortref. Morné Brandon van Monument se 1200 punte in die diskusgooi vir seuns o.17 het die oë laat rek. Sy 63,91m in dié item het die vorige rekord met met 4,36m oortref.

Die standaard van deelname aan die versrping item vir seuns o.14 was besonder hoog en die vier seuns in die eerste vier plekke het almal meer as 100 punte op die ABSA tabel verdien.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button